Kom kuier by RSG se Geel Kol by die KKNK


Die geel kol …dis waar jy weer vanjaar by die KKNK vir RSG sal kry.  Die geel kol voor die CP Nel-museum in Baron van Rheedestraat. Op ons pos soos die afgelope 20 jaar al.

Kom sê vir ons hallo, kom raas met die omroeper wat jou sedert verlede jaar se KKNK vies gemaak het op lug en kom kuier sommer net op die hooibale voor die verhoog….en by Die Beiteltjie in die museum. Daar’s poewe om op te sit en en ‘n glasie wyn .

Vanjaar se Beiteltjie-program is ‘n toonvenster van werklik uitstekende drama’s en dokumentêre programme op RSG die afgelope tyd. Hier is die skakel na die program: RSG verhoogprogram.

Moet ook nie vergeet van die regstreekse uitsending van RSG Kuns en Vers & Klank nie.

En só gaan ons lyk!

IMG_2220

image001