Liefdesverse: Lief-lief deur Afrikaans

Liefdesverse: Lief-lief deur Afrikaans


Liefdesverse: Lief-lief deur Afrikaans

Johann Nel

Johann Nel

joanie_combrink_1Met Johann Nel & Joanie Combrink. Saamgestel deur Juanita Swanepoel

In Lief-lief deur Afrikaans neem Nel en Combrink die luisteraar op ‘n soomlose liefdesreis: van die heel oudste – en stoutste! – liefdesverse in Afrikaans deur die hele spektrum van die liefde tot reg in die sitkamer van die spreekwoordelike Huis Herfsblaar. Daar is interessante afdraaipaadjies langs die pad waar die twee voordragkunstenaars gaan inloer. Met die werk van sowat 28 digters wat Pulvermacher en ou, anonieme digters insluit, is daar verbode liefde, verlore liefde, intellektuele liefde en die sensuele liefde (dink maar net aan wat ‘n tango in jou losmaak).

Hierdie bekroonde woordkunsproduksie is op Litnet as volg beskryf: “Deur (Nel en Combrink) se woordedans word die hartstog, passie en patos van die liefde skitterend blootgelê.”

Regie: Eben Cruywagen
Luister na ons promo:

Hier is Joanie en Johan in aksie tydens die opname in die ateljee in Seepunt.
lief-lief-2