Maria, Moeder van God


15 November 18:15 Maria – Moeder van God deur Adam Small [DEBUUT] Moontlik gemaak deur die Cordis Trust

maria moeder van godHierdie splinternuwe drama uit die pen van die Hertzogpryswenner is vir die Katolieke Adam Small die vervulling van ‘n hunkering sedert sy jeugjare om ‘n drama oor Maria, die moeder van Jesus, te skryf. Ook om sy Rooms-Katolieke skoling op die Kaapse Vlakte in herinnering te roep en erkentenis aan die Islamitiese invloede in sy lewe vorm te gee. ‘n Kontemporêre lydensverhaal met Maria (Leandé Valentyn) en Josef (Chris Majiedt) word in ‘n makro-drama, soos ‘n Uberammergau-spel, nuwe gestalte gegee.

“Van die eerste spreekbeurt af kan die poëtiese aanslag, woordkuns en gees van Small se vorige werke soos Kanna hy kô hystoe herken word,” sê die dramaturg Schalk Schoombie.

Die rolle word vertolk deur Deon Lotz, Leandé Valentyn (Maria), Chris Majiedt (Josef), Ivan Abrahams, Marlo Minnaar, De Klerk Oelofse, André Samuels en Hannah Borthwick, Morné Visser, André Samuels, Freda van den Heever en Roeline Daneel.

Regie: Johan Rademan.

Deon Lotz (Pontius Pilatus), Chris Majiedt (Josef), Andre Samuels (Moordenaar) en Ivan Abrahams (Moordenaar)

Deon Lotz (Pontius Pilatus), Chris Majiedt (Josef), Andre Samuels (Moordenaar) en Ivan Abrahams (Moordenaar) by Johan Rademan (links).

 

Twitter: @zarsg

#RSGfees

Besoek ook RSG se video-kanaal op YouTube