‘n Grammy vir Afrika met Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir

‘n Grammy vir Afrika met Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir


‘n Grammy vir Afrika (DEBUUT)
Uitsaaidatum: Woensdag 16 November, 20.30
dsc_9532Met Wouter Kellerman & die Soweto Gospel Choir

Suid-Afrika se twee Grammy-wenners deel die verhoog vir ‘n konsert waarin Afrika- en Afrikaanse klanke met melodieë van regoor die wêreld vermeng word.

Die fluitspeler Wouter Kellerman is ‘n boerseun in murg en been en gaan saam met die dubbel-Grammy-bekroonde Soweto Gospel Choir gunstelinge soos Al lê die berge nog so blou en Ek verlang na jou vars vertolk.

Daar is ook ‘n spesiale klankeksperiment met water wat hierdie samekoms-vertoning ‘n onvergeetlike ervaring sal maak.
Hier is ‘n voorsmakie:

img_4084

Kyk na die video wat tydens die konsert deur Johan Eybers van Rapport gemaak is: