Oppiwater Kunstefees 2017


VIERDE OPPIWATER KUNSTEFEES PROGRAM BEKEND

 Die aap is uit die mou. Die program van RSG en LEFRA se vierde Oppiwater Kunstefees vroeg volgende jaar, sluit in musiek, teater, woordkuns, kook met Martelize, radiodrama, dekpartytjies, ontmoet die kunstenaars en omroepers, regstreekse uitsendings en Stout met Derrich (Gardner).

Kyk hier (www.oppiwater.co.za) na die volledige program en gaan bespreek dan dadelik jou plek op die boot en vir die aanbiedings. Die Oppiwater Kunstefees is volgende jaar van 30 April tot 5 Mei en die MSC Sinfonia vertrek vanaf Kaapstad na Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai.

Besprekings vir volgende jaar se Oppiwater Kunstefees kan nou gedoen word by 0860 11 44 11 of op die webtuiste: www.oppiwater.co.za. Vir meer inligting, skakel gerus ook vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 of epos aan: admin@lefra.com

Hier is die feesproduksies vir die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees 2017 van Kaapstad na Namibië.

  • AS DROME VLERKE KRY met Hennie Smit en Arina de Witt (Vertel- en musiekteater met die mooiste liedere van Nana Mouskourri, Maria Callas en Edith Piaf)
  • BLOU-BLOU met Erik Holm (Eenmanvertoning)
  • BONJOUR MONSIEUR BREL met Jannie du Toit, Susan Mouton en Coenraad Rall (Musiekteater en huldelyk aan Jacques Brel)
  • CHRISTO EN COBUS met Christo Snyman en Cobus Snyman (Sang en Musiek)
  • DIE EGGO VAN JOU OË met Jannie du Toit (Sang en Musiek)
  • DIE JALOERSBOKKIES met Jawaaiher Pietersen, Nedine Blom en Ashur Pietersen (Vrolike Musiekteater)
  • DIE WYN, DIE VROU, DIE LIED met Johan Rademan, Christo Snyman en Hennie Retief met volle wynproe deur Van Loveren Wyne (Poësie, Sang en Wyn)
  • FIELA SE KIND deur Dalene Matthee, verwerk deur Suzanne van Wijk en regie deur Frans Swart (Drama)
  • KOM KOOK MET MARTELIZE met Martelize Brink (Geselsie en kookdemonstrasie)
  • MY PASSIE VIR JESUS met John Jacobs (Mimiek en Jacobs se eie storie)
  • OOMS met Tobie Cronjé en Gerben Kamper (Komedie)
  • OP DIE EERSTE EEN met Pieter Smith (Sang en Musiek)
  • REFENTSE met Refentse (Sang en Musiek)
  • RSG RADIODRAMA met Johan Rademan as regisseur (Radiodrama)
  • SOEN MY, DRUK MY met Alwyn Oberholster (Musiek en Sang)
  • STOUT (BAIE STOUT) MET DERRICH met Derrich Gardner (Praatjie en skerpskets)
  • WEGVAARTPARTYTJIE met verskeie kunstenaars (Musiek en Partytjie)
  • OPPIWATER ONTPLOFFING met verskeie kunstenaars (Musiek en Partytjie)
  • RSG REGSTREEKSE BUITE-UITSENDINGS vanaf die dek (Musiek en Partytjie)
  • ONTMOET DIE KUNSTENAARS met verskeie kunstenaars (Geselsies met AL die kunstenaars Oppiwater en ook geleentheid om almal te ontmoet en foto’s te neem)

Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG sê “RSG is altyd voorlopers en met hierdie OPPIWATER KUNSSKIPPIE van ons bring ons ‘n unieke bootvaart vir ons luisteraars. RSG is daarvoor bekend dat ons ‘n sagte plekkie het vir die kunste. RSG ondersteun en ontwikkel graag ‘n verskeidenheid aspekte van die kunste.   Hiervan getuig die jaarlikse Oppiwater Kunstefees en die jaarlikse Kunstefees op lug wat pas klaargemaak het. “

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies sê dat die OPPIWATER KUNSTEFEES ‘n groot uitdaging vir Lefra en RSG is. “Om meer as 20 produksies op ‘n boot in vyf dae aan te bied is nogal vir ons ‘n groot uitdaging. Maar dis ‘n baie lekker uitdaging. Dis vir ons so lekker as ons sien hoe die Oppiwater-gaste die Fees geniet. Almal bespreek produksies, drink ‘n mengeldrankie op die dek, geniet ‘n vyfgang ete in die restaurant en hardloop dan weer na die volgende produksie toe.”

Kyk en lees wie gaan saam op die 2017 RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees …alle besonderhede is hier…..

Só lyk die boot van buite en binne

Die boot

sinfonia-lr

0597

0495

0727

0486

Die program

oppiwater-kunstefees-2017-wegvaart

oppiwater-kunstefees-2017-dekpartytjie

oppiwater-kunstefees-2017-pieter-smith

oppiwater-kunstefees-2017-die-wyn-die-vrou-die-lied

oppiwater-kunstefees-2017-stout-baie-stout

oppiwater-kunstefees-2017-soen-my-druk-my

oppiwater-kunstefees-2017-refentse

oppiwater-kunstefees-2017-bonjour-monsieur-brel

oppiwater-kunstefees-2017-ooms

oppiwater-kunstefees-2017-die-jaloersbokkies

oppiwater-kunstefees-2017-die-eggo-van-jou-oe%cc%88

oppiwater-kunstefees-2017-martelize-brink

oppiwater-kunstefees-2017-my-passie-vir-jesus

oppiwater-kunstefees-2017-blou-blou

oppiwater-kunstefees-2017-as-drome-vlerke-kry

oppiwater-kunstefees-2017-fiela-se-kind

oppiwater-kunstefees-2017-christo-cobus