Poësie: Sulamiet deur Lina Spies


Gedigte: Sulamiet deur Lina Spies DEBUUT
Uitsaaidatum Sondag 13 November om 21.10
csd4wmowgaa8p11Sulamiet is die digter en letterkundige Lina Spies se tiende digbundel en word eksklusief tydens die RSG Kunstefees 2016 bekend gestel. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden na die sondeval deur die liefde herskep word.

Die verse handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse, die skoonheid van die natuur asook die kunste waaraan daar altyd ‘n tekort is weens menslike ontoereikenheid.

Voorleser: Margot Luyt
Programleier: Daniel Hugo

Luister hier na die promo: