RSG Kunstefees


RSG se bekroonde op die lug kunstefees word vanjaar van 15 tot 20 November aangebied.

Klik hier  om die feesprogram af te laai of sien die program hieronder:

MAANDAG 16 NOVEMBER

08:00 Nuus

08:05 Praat Saam (verkort)

08:30 Regsake

09:00 Nuus

09:05 RSG Kunstefees begin

09:15 Wittebrood: ‘n Klankdrama deur Sylvaine Strike
Die veelbekroonde aktrise en regisseur Sylvaine Strike skep ‘n radiodrama sonder woorde. Hoor hoe ‘n storie met klank en geluide vertel word!

09:30 Stilte
‘n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word…

09:50 Hartebreker

10:00 Nuus

10:15 Kunste-Profiel

10:50 Boekvoorlesing

11:00 Nuus

11:05 Feeskunstenaar – Diane Victor

11:30 Oom Goltros vertel…
Met Elias P. Nel & Joey Erasmus. Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag én kopkrap.

12:00 Nuus

12:05 Middag op RSG

15:00 Tjailatyd

19:00 Poen en Toekie kom kunstefees toe
Poen en Toekie, die twee plonkies van die planeet Wopper, kom kuier vir ‘n week om aan hulle beste aardse maatjies, Bennie en Sarie, se skool se Kunstefees deel te neem. Almal is egter nie so gelukkig daaroor nie, en vir die eerste keer in sy lewe kry Poen van aangesig tot aangesig te doen met ‘n regte, egte boelie!

Met Renske Jacobs, Christelle Webb-Joubert & Botha Enslin

19:10 Korreltjie kantel deur Ingrid Jonker [DEBUUT] Dit is vanjaar vyftig jaar sedert die digter Ingrid Jonker se tragiese dood. Vyf opwindende en onverwagse musiekgroepe herbesoek van haar liefdesverse en het onder andere “Offerande”, “Fragment”, “O, die Halfmaan” en “Gistraand” vir hierdie opdrag-musiekprogram verwerk. Hoor hierdie ikoon van die Afrikaanse poësie gehul in kraakvars klank. ‘n Hartroerende, intieme weergee van verlange, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde.

Met Luna Paige, Nick Turner, Medicine Boy (Lucy Kruger & André Leo), Hatchetman & Ottoman Slap

Regie: Johan Rademan

20:00 Wolf-wolf hoe laat is dit? deur Hennie Aucamp [DEBUUT] Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op ‘n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het dié stuk vir die radio verwerk en ‘n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir ‘n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd.

Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: Albie van Schalkwyk.

Regie: Margot Luyt

20:35 Atropos deur Hendrik J. Botha [DEBUUT] Henning Snyman beskryf Hendrik J. Botha, ‘n narkotiseur en digter van Pretoria, as ‘n “ware vonds vir die Afrikaanse digkuns”. Soos die draad van die lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter, Atropos, so verloop hierdie debuut van herinneringsgedigte oor die jeug, deur die mediese beroep tot waar die draad finaal geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. ‘n Versprogram wat eggo met Botha se vernuftige interaksie tussen betekenis en klank.

Met Rika Sennett

21:10 35 Pedale (orrel & klavier) [DEBUUT] Die pyporrel het homself al deur die eeue bewys as een van die veelsydigste klawerbordinstrumente, terwyl die klavier waarskynlik die gewildste instrument onder liefhebbers van klassieke musiek is. In hierdie spesiale byeenkoms van instrumente en Ockie Vermeulen (orrel) en Wessel van Wyk (klavier) kan luisteraars uitsien na unieke verwerkings van bekende werke deur onder andere Bach, Beethoven, Mozart en Karl Jenkins.

Met Ockie Vermeulen & Wessel van Wyk

Fees sluit om 22:00

DINSDAG 17 NOVEMBER

08:00 Nuus

08:05 Praat Saam (verkort)

08:30 Finansies (Moneyweb)

09:00 Nuus

09:05 RSG Kunstefees begin

09:15 Roosterbrood: ‘n Klankdrama deur Sylvaine Strike
Dit is 25 jaar na die “wittebrood” en die geliefdes is weer aan tafel… Die veelbekroonde aktrise en regisseur Sylvaine Strike skep ‘n radiodrama sonder woorde. Hoor hoe ‘n storie met klank en geluide vertel word!

09:30 Stilte
‘n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word…

09:50 Hartebreker

10:00 Nuus

10:15 Kunste-Profiel

10:50 Boekvoorlesing

11:00 Nuus

11:05 Feeskunstenaar – Diane Victor

11:30 Oom Goltros vertel…
Met Elias P. Nel & Joey Erasmus. Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag én kopkrap.

12:00 Nuus

12:05 Middag op RSG

15:00 Tjailatyd

19:00 Poen en Toekie kom kunstefees toe
Met Renske Jacobs, Christelle Webb-Joubert & Botha Enslin

19:10 Ons het gees deur Anton Treurnich [DEBUUT] ‘n Trein vol hoërskoolleerders is op pad na die jaarlikse interskole. Dit is ‘n nag vol tradisie, poetse, passie, liefde, hartseer en gevaar. ‘n Reis wat hulle almal sal verander en niemand sal vergeet nie…

Altesame elf jong akteurs, waarvan die meeste tans nog in die skoolbanke, debuteer in ‘n opdrag-jeugdrama uit die pen van die gewilde radioskrywer, Anton Treurnich.

Met Patricia Baadjies, Luka Geldenhuys, Du Toit Albertze, Dealan Fredericks, Carla Smith, Jeani Heyns, Lise-Mari van Wyk, Liam Walsh, Luke White, Margo Kotzé en Nienke Geldenhuys.

Regie: Eben Cruywagen

20:00 Boetie dit is tyd vir bid as ‘n seekoeikoei op jou skoot kom sit deur Philip de Vos
Philip de Vos is alombekend vir sy lustige limerieke en filosofiese rymelary. Hierdie maltrap versprogram is ‘n samestelling van die virtuose De Vos se verse in die vorm van ‘n moderne sprokie. Maak kennis met ‘n vet feë, ‘n padda, ‘n prins, ‘n mielie en ‘n kreef op hierdie besonderse liefdesreis. Kostelike vermaak vir die hele gesin.

Met Wessel Pretorius & Cintaine Schutte

Regie: Margot Luyt & Nita Swanepoel

21:30 ‘n Verslag aan ‘n akademie deur Franz Kafka [DEBUUT] Met Marius Weyers, ter viering van sy 70ste verjaardag.

‘n Sjimpansee wat deur ‘n berugte wildvanger aan die Goudkus gevang en per skip na Hamburg geneem is, ontdek een aand tydens ‘n partytjie aan boord van die skip – tot groot vermaak en die verstomming van die bemanning – dat hy kan praat nadat hy ‘n bottel brandewyn gedrink het. Hierdie deurbraak veroorsaak dat die aap bekend word en Europa deurkruis en voor groot gehore optree. Een van hierdie optredes is ‘n verslag aan ‘n akademie oor sy nuwe lewe nadat hy sy dierlike aard oorwin het. Soos die meeste van Kafka se kortverhale lewer hierdie stuk kommentaar op die samelewing en medemenslikheid.

Marius Weyers was vir die eerste keer in 1979 in die Markteater te sien in die Engelse solostuk, wat in 1986 vir die laaste keer in Los Angeles opgevoer is. Dit is die heel eerste keer dat Weyers dit in Afrikaans én vir radio aanpak.

Ook met Petrus du Preez en Marlo Minnaar.

Regie: Eben Cruywagen

Fees sluit om 22:00

WOENSDAG 18 NOVEMBER

08:00 Nuus

08:05 Praat Saam (verkort)

08:30 Gesondheid

09:00 Nuus

09:05 RSG Kunstefees begin

09:15 Ballet op lug

09:30 Stilte
‘n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word…

09:50 Hartebreker

10:00 Nuus

10:15 Kunste-Profiel

10:50 Boekvoorlesing

11:00 Nuus

11:05 Feeskunstenaar – Diane Victor

11:30 Oom Goltros vertel…
Met Elias P. Nel & Joey Erasmus. Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag én kopkrap.

12:00 Nuus

12:05 Middag op RSG

15:00 Tjailatyd

19:00 Poen en Toekie kom kunstefees toe
Met Renske Jacobs, Christelle Webb-Joubert & Botha Enslin

19:10 Die woordketting 2
Met Ilse Salzwedel en die digters Diana Ferrus, Andries Bezuidenhout en Philip de Vos, voorlesings deur Elize Cawood

Poësie was lanklaas soveel pret en plesier.

20:00 Chriskras deur Chris Barnard
Met Paul Eilers (voordragkunstenaar), Steffie le Roux (sang en klavier), Werner Ferreira (klavier en trekklavier) & Pieter Ganswyk Nel (kitaar)

Die kanarie is in sy koutjie, maar sy stem nie, skryf Chris Barnard in sy destydse, gewilde rubriek in Die Huisgenoot. Al is die skrywer vasgevang in die sleur en roetine van elke dag, is sy stem beslis vry. Paul Eilers lees van dié tydlose kortverhale voor, terwyl Steffie le Roux en haar orkes Barnard se woorde musikaal laat sprankel. ‘n Viering van die lewe!

Regstreeks uit die M1-ouditorium, Auckland Park

21:30 Tussen die bokse deur Christo Davids [DEBUUT] Die akteur en dramaturg Christo Davids se splinternuwe radiodrama handel oor ‘n egpaar wat besig is om na jare hul huis op te pak. Tussen die foto’s en herinneringe deur ontdek hulle iets wat albei se lewens verpletter. Tussen die bokse is ‘n verhaal wat die luisteraars meer as net ‘n traan sal laat wegpink.

Met Duncan Johnson, Fatima Abdool, Donovan Pietersen & Martin Jansen

Regie: Helena Hugo

Fees sluit om 22:30

DONDERDAG 19 NOVEMBER

08:00 Nuus

08:05 Praat Saam (verkort)

08:30 Groeipyne

09:00 Nuus

09:05 RSG Kunstefees begin

09:15 Kunste op ‘n drafstap

09:30 Stilte
‘n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word…

09:50 Hartebreker

10:00 Nuus

10:15 Kunste-Profiel

10:50 Boekvoorlesing

11:00 Nuus

11:05 Feeskunstenaar – Diane Victor

11:30 Oom Goltros vertel…
Met Elias P. Nel & Joey Erasmus. Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag én kopkrap.

12:00 Nuus

12:05 Middag op RSG

15:00 Tjailatyd

19:00 Poen en Toekie kom kunstefees toe
Met Renske Jacobs, Christelle Webb-Joubert & Botha Enslin

19:10 Reis sonder einde – Uys Krige & Federico Garcia Lorca [DEBUUT] Reis sonder einde is ‘n dramatiese speurtog van die mens se hunkering na emosionele en geestelike vervulling. Uys Krige verbeeld die brug wat hy tussen twee uiteenlopende kulture ontdek het. Bekoor deur die flamenco-ritmes skilder hy ‘n soldaat se eensame tog deur die woestyn en herskep hy in Afrikaans die Spaanse digter Federico Garcia Lorca se klaaglied oor sy gestorwe vriend. Ervaar Krige en Lorca vervleg tussendeur die kitaarmusiek van Paco de Lucia en Ricardo Morego se album, Dos Guitarras Flamencas.

Met Elma Potgieter & Schalk Jacobsz

20:00 Die Jonkmanskas deur Koos Prinsloo [DEBUUT] Een van Afrikaans se mees omstrede skrywers, ‘n vernuwer en verskuiwer van literêre grense – wyle Koos Prinsloo – het in 1982 gedebuteer. André Kotzé het die titelverhaal van “Die Jonksmanskas” as ‘n radiodrama verwerk. Dit is ‘n uitsonderlike verhaal van konflik – tussen geslagte, gender, etniese groepe en veral die stryd binne een mens.

Met Wessel Pretorius, Lida Botha, Martelize Kolver, Leon Kruger, Roeline Daneel, Esther von Waltsleben, Geon Nel & Piet Beyers

Regie: Joanie Combrink

21:30 Metamorfose: Benjamin Willem klankeksperiment [DEBUUT] Benjamin Willem het al musiek vir meer as 18 rolprente en sowat 40 internasionale dokumentêre vir onder andere National Geographic en Discovery gekomponeer. Tydens die New York Best of the World Film & Television Festival is hy met ‘n silwer medalje bekroon. In opdrag van RSG het hy ‘n aantal klanklandskappe geskep met “evolusie” as tema. Saam met die klankontwerper Basiami Segola gaan die luisteraar hier op ‘n woordlose reis wat die ore behoorlik gaan laat tintel en die klankgrense gaan verskuif.

Geskep deur Benjamin Willem en Basiami Segola

Fees sluit om 22:00

VRYDAG 20 NOVEMBER

08:00 Nuus

08:05 Praat Saam (verkort)

08:30 Wie is ek?

09:00 Nuus

09:05 RSG Kunstefees begin

09:15 Dansklas op lug

09:30 Stilte
‘n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word…

09:50 Hartebreker

10:00 Nuus

10:15 Kunste-Profiel

10:50 Boekvoorlesing

11:00 Nuus

11:05 Feeskunstenaar – Diane Victor

11:30 Oom Goltros vertel…
Met Elias P. Nel & Joey Erasmus. Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag én kopkrap.

12:00 Nuus

12:05 Middag op RSG

15:00 Tjailatyd

19:00 Poen en Toekie kom kunstefees toe
Met Renske Jacobs, Christelle Webb-Joubert & Botha Enslin

19:10 Wydsbeen – Les Javan, Riku Lätti, Churchill Naudé & Rian Malan [DEBUUT] Wat gebeur as vier van Suid-Afrika se voorste en mees uiteenlopende liedjieskrywers en musikante dieselfde verhoog betree met hul unieke stories en klanke? Wydsbeen is ‘n nuwe projek onder leiding van Les Javan, wat saam met ‘n groep musikante deur plattelandse én stedelike stories en ritmes reis.

Met Rynier Prins (baskitaar), Clement Benny (tromme), Ramon Alexander (klawerbord) en Marissa West (sang en mondfluitjie)

20:30 Nuus en temperature (vroeër)

20:40 Banket met Nataniël [DEBUUT] Banket met Nataniël is ‘n unieke feesmaal met Nataniël op sy beste, alleen agter die mikrofoon en voor ‘n gehoor. Deel in hierdie spyskaart van stories, resepte, onthaalwenke, etiket en kosgeskiedenis met ongewone musiek en die verhaal van tafeldek om alles af te rond. Luister, raak lus, lag en leer met Nataniël. Intiem, opwindend en onvoorspelbaar is van die elemente van hierdie onvergeetlike kuier en fees-afsluiting.

Fees sluit om 22:10