RSG Kunstefees: Gedigte

RSG Kunstefees: Gedigte


Die bekendstelling van ‘n nuwe digbundel, die voordra van liefdesgedigte, die voordra van uitsonderlike ongepubliseerde gedigte en die viering van digter Marius Titus is op die poësie spyskaart.

 

Indeks

# Woorde lok woorde  deur Johan Myburg.
13 November 16.05
‘n Spesiale versprogram met aangrypende verse oor landskap, taal en verganklikheid.

# Digbundel bekendstelling: Sulamiet deur Lina Spies DEBUUT
13 November 21.10
Sulamiet is die digter en letterkundige Lina Spies se tiende digbundel en word eksklusief tydens die RSG Kunstefees 2016 bekend gestel.

# Gedigte: Marius Titus (70)  DEBUUT
14 November 10.10; 15, 16, 17, 18 November 11.35
In ‘n reeks versprogramme kan luisteraars sy werk van die afgelope sowat drie dekades beleef.

# Lief-lief deur Afrikaans
17 November 19.15

Liefdesverse voorgedra deur Johann Nel & Joanie Combrink.