RSG Kunstefees: Maandag 16 November


Let wel: Die program is onderhewig aan verandering.

MAANDAG 16 NOVEMBER

08:00 Nuus

08:05 Praat Saam (verkort)

08:30 Regsake

09:00 Nuus

09:05 RSG Kunstefees begin

09:15 Wittebrood: ‘n Klankdrama deur Sylvaine Strike

Sylvaine StrikeDie veelbekroonde aktrise en regisseur Sylvaine Strike skep ‘n radiodrama sonder woorde. Hoor hoe ‘n storie met klank en geluide vertel word!

Met Gretha Brazelle & Anton Dekker.

Lees meer oor Sylvaine Strike op http://houseofren.co.uk/sylvaine-strike/.

 

09:40 Humor met Anne Hirsch

HIRSCH-Anne-15Wie is Anne Hirsch? Kyk hier.

09:50 Hartebreker

10:00 Nuus

 

10:15 Kunste-Profiel – Kitty Albertyn en June Seymour (Sien foto onder)

10:50 Boekvoorlesing

11:00 Nuus

11:05 Feeskunstenaar – Diane Victor

ls25dianeLees meer oor Diane Victor.  Sy het op 18 Desember 2014 ‘n nieroorplanting ondergaan. Lees meer hieroor.

 

 

Onder is van haar werke.

victor07a

ozartsetc_diane-victor_art_14-e1338229929230

diane-victor-lithograph-2011

DianeHyaenaskin

11:30 Oom Goltros vertel...
Met Elias P. Nel & Joey Erasmus. Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag én kopkrap.

6981410109_04cac73db3_b

12:00 Nuus

12:05 Middag op RSG

15:00 Tjailatyd

19:00 Poen en Toekie kom kunstefees toe
Poen en Toekie, die twee plonkies van die planeet Wopper, kom kuier vir ‘n week om aan hulle beste aardse maatjies, Bennie en Sarie, se skool se Kunstefees deel te neem. Almal is egter nie so gelukkig daaroor nie, en vir die eerste keer in sy lewe kry Poen van aangesig tot aangesig te doen met ‘n regte, egte boelie!

Met Renske Jacobs, Christelle Webb-Joubert & Botha Enslin

Print

19:10 Korreltjie kantel deur Ingrid Jonker [DEBUUT] Dit is vanjaar vyftig jaar sedert die digter Ingrid Jonker se tragiese dood. Vyf opwindende en onverwagse musiekgroepe herbesoek van haar liefdesverse en het onder andere “Offerande”, “Fragment”, “O, die Halfmaan” en “Gistraand” vir hierdie opdrag-musiekprogram verwerk. Hoor hierdie ikoon van die Afrikaanse poësie gehul in kraakvars klank. ‘n Hartroerende, intieme weergee van verlange, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde.

Met Luna Paige, Nick Turner, Medicine Boy (Lucy Kruger & André Leo), Hatchetman & Ottoman Slap

Regie: Johan Rademan

678_IngridJonker

Luna Paige en Inge Beckman

Luna Paige en Inge Beckman

Klik hier vir meer foto’s en agtergrond wat tydens die produksie van die program geneem is.

20:00 Wolf-wolf hoe laat is dit? deur Hennie Aucamp [DEBUUT] Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op ‘n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het dié stuk vir die radio verwerk en ‘n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir ‘n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd.

Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: Albie van Schalkwyk.

Kitty Albertyn sal onthou word vir haar rol as Hybie in die radioverhaal Die Du Plooys van Soetmelksvlei en is op 92 jaar die oudste deelnemer aan RSG Kunstefees 2015.

Luyt het die geskiedkundige opname van Wolf-wolf hoe laat is dit? as “Die dag van die legendes” beskryf.

Regie: Margot Luyt

Die opname van die legendes: Van links na regs is: June Seymour, Marga van Rooy, Lida Botha, Wilna Snyman, Neels Coetzee, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter

Die opname van die legendes: Van links na regs is: June Seymour, Marga van Rooy, Lida Botha, Wilna Snyman, Neels Coetzee, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter

20:35 Atropos deur Hendrik J. Botha  [DEBUUT] hendrik-bothaHenning Snyman beskryf Hendrik J. Botha, ‘n narkotiseur en digter van Pretoria, as ‘n “ware vonds vir die Afrikaanse digkuns”. Soos die draad van die lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter, Atropos, so verloop hierdie debuut van herinneringsgedigte oor die jeug, deur die mediese beroep tot waar die draad finaal geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. ‘n Versprogram wat eggo met Botha se vernuftige interaksie tussen betekenis en klank.

Met Rika Sennett

9780795801020 - atropos to use

Lees meer oor Hendrik J. Botha en sy digbundel.

21:10 35 Pedale (orrel & klavier)  [DEBUUT] Die pyporrel het homself al deur die eeue bewys as een van die veelsydigste klawerbordinstrumente, terwyl die klavier waarskynlik die gewildste instrument onder liefhebbers van klassieke musiek is. In hierdie spesiale byeenkoms van instrumente en Ockie Vermeulen (orrel) en Wessel van Wyk (klavier) kan luisteraars uitsien na unieke verwerkings van bekende werke deur onder andere Bach, Beethoven, Mozart en Karl Jenkins.

Met Ockie Vermeulen & Wessel van Wyk

Ockie Vermeulen

Ockie Vermeulen

Wessel van Wyk

Wessel van Wyk

Fees sluit om 22:00

Klik hier vir die program in ‘n neutedop.