RSG Kunstefees: Musiek en woord

RSG Kunstefees: Musiek en woord


Vyf klankstories, ‘n klankeksperiment, drie woord-en-lied produksies, ‘n operasangklas en ‘n ritmeklas is ingesluit in dié stel produksies.

 

Indeks

# Klankstorie: Die onsigbares (DEBUUT) x 5
14 – 18 November 10.40
Vyf klankstories geskryf deur Krisjan Fourie en voorgelees deur Nic de Jager, met ‘n klankbaan deur Paul Riekert

# Opera-sangklas deur Carla Pohl
14 November 09.35

# Boegoe vannie liefde met Lize Beekman (Liefde)
14 November 19.15
Die sangeres-liedjieskrywer Lize Beekman sing aangrypende toonsettings van Hans du Plessis se transponerings van Hooglied.

# Die liefde, bittersoet: Die lewe van Sappho in woord en lied (DEBUUT) (Liefde)
15 November 19.15
Vertaal en verwerk deur Riana Scheepers, met Marlise Scheepers, Mariëtte Galjaard en Jude Harpstar.

# Vier seisoene deur Antonio Vivaldi (DEBUUT)
15 November 21.20
Uitgevoer deur Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag).

# Ritmeklas deur Riaan van Rensburg
17 November 09.30

# Klankeksperiment deur Geo Hoehn (DEBUUT)
18 November 19.15