RSG Kunstefees Program: dag-vir-dag

RSG Kunstefees Program: dag-vir-dag

RSG Kunstefees 2016 P R O G R A M

‘n Magdom nuwe produksies, debuutwerke en klankeksperimente gaan jou van 13 – 18 November op RSG bekoor. Twee Grammy-wenners – Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir – Sarah Baartman, Beyers Naudé, Michelle Breedt en Jan Spies is deel van RSG Kunstefees 2016. Ja, die RSG Kunstefees 2016 spog vanjaar met 18 debuutwerke, waaronder dramas oor geskiedkundige figure soos Sarah Baartman en Beyers Naudé. Dit is die vierde radiokunstefees op RSG.

(Hierdie program is onderhewig aan verandering. Hier is die program in ‘n aflaaibare formaat: rsg-kunstefees-2016-skedule-finaal-0711)

Hier is ‘n voorsmakie van ons kunstefees:

Vrydag 18 November

OGGEND

09:00 Nuus

promo29287399909:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal (HERHALING)
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog…” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.

myburghfocusweb09:30 Woorde lok woorde deur Johan Myburg, gelees deur Louis van Niekerk DEBUUT
Lees en kyk meer.

Luister na die promo:

09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop

10:00 Nuus

5dfee9_0a5550a5da4c42828b922b99a469a19a5dfee9_8db0e7e1fdcb439c8947b4537a58a56f10:10 Kunste-Profiel: Luxurama [onderhoude met Alistair Izobell, Terry Fortune, Terry Hector, Loukmaan Adams, Niesha Abrahams, Leslie Kleinsmith, Giempie Vardien, Nur Abrahams and Kashiefa Blaauw]

sa295-0810:40 Die onsigbares: Vlug 295 – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, die Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
Lees meer.

10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl

11:00 Nuus

SASOL NEW SIGNATURES 2016 WINNERS ANNOUNCEMENT11:10 Kunstenaar vir die dag: Zyma Amien
Lees meer en kyk na haar werke.

mariustitus11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT

AAND

dingusse_twitter-0119:00 Die Dingusse deur Kobus Ras, Regie Renske Jacobs DEBUUT
Lees meer.
Luister wat op jou wag:

social-media-1119:15 Ag, die aarde (klankeksperiment) – Geo Höhn (KLANKLANDSKAP) DEBUUT
Die komponis en operasanger Geo Höhn se klankbane word as “epies” bestempel. In hierdie RSG-opdragwerk verken hy “grond” en wat dit vir mense beteken.
Lees meer.

Luister wat op jou wag:

vrylag-00319:40 vryLAG met Emo Adams, Schalk Bezuidenhout & Lindie Stander (KOMEDIE) DEBUUT
Met Erns Grundling as die “skeidsregter”.
Dis nie Vrydag nie; nee, dis vryLag
Lees meer.

Hier is ‘n voorsmakie:

20:40 Nuus en weer

antongoosen220:50 Danzer – Anton Goosen (MUSIEK) DEBUUT
‘n Konsert met Anton Goosen en sy Bushrockband, Zolani Mahola van Freshlyground, David Kramer, Frazer Barry van Tribal Echo, Sima Mashazi, Erica Lundi en Churchil Naudé. Die musikante sluit in Albert Frost, Schalk Joubert, Ramon Alexander en Kevin Gibson.
Lees meer en kyk na foto’s en video’s wat met die opname van die konsert in Kaapstad geneem is.

Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag:

Hier is die program wat reeds afgehandel is:

Sondag 13 November 2016

amanda-pics-2007-robert-003jpg15:00 State of the Heart met Amanda Strydom (KABARET) [REGSTREEKS] Die veelbekroonde State of the Heart is vanjaar 23 oud. Dit is die eerste kabaret uit Strydom se pen en is met die Dalro- en Showtime-pryse vir beste kabaret en kabaret van die jaar bekroon.

Lees meer.

Luister na die promo:

myburghfocusweb16:05 Woorde lok woorde deur Johan Myburg DEBUUT
‘n Spesiale versprogram waarin gedigte oor landskappe, taal en verganklikheid gehoor kan word. Die verse kom uit Johan Myburg se nuwe, nog ongepubliseerde bundel, Uittogboek, wat volgende jaar by Protea verskyn.
Lees en kyk meer.

Luister na die promo:

16:30 Nuus

16:35 Gewone programme tot en met 18:00

social-media-0118:00 Engel met ‘n hamer deur Joey van Niekerk (DRAMA) DEBUUT
Moontlik gemaak deur Cordis Trust
Debuut van ‘n radiodrama oor die lewe van Beyers Naudé, wat in 1993 vir die Nobelprys vir vrede benoem is.

Klik hier vir meer inligting en foto’s.

Luister hier na die promo:

19:35 Nuus

rsg-kunstefees-2016-0219:40 Michelle Breedt in konsert (KLASSIEKE MUSIEK) DEBUUT
Met Elna van der Merwe (klavier)
Die Suid-Afrikaans gebore internasionale mezzosopraan Michelle Breedt tree spesiaal vir RSG Kunstefees op in ‘n program wat aan ‘n wye spektrum van smake sal voldoen: Afrikaanse liedere met ’n ­humoristiese inslag, bekende melodieë op Shakespeare-tekste, die mooiste liedere van Brahms en ten slotte arias uit gewilde operettes. Sy woon al 25 jaar in Europa en het reeds met die wêreld se voorste dirigente gewerk en hoofrolle gesing tenoor Plácido Domingo, Thomas Hampson, Piotr Beczala, Diana Damrau en Renée Fleming, om net enkeles te noem.

Lees meer en kyk na foto’s van die konsert-opname.

Luister hier na die promo:

21:00 Nuus en weer

foto-linasulamiet21:10 Sulamiet deur Lina Spies (POëSIE) DEBUUT
Sulamiet is die digter en letterkundige Lina Spies se tiende digbundel en word eksklusief tydens die RSG Kunstefees 2016 bekend gestel.

Lees meer.

Luister na die promo:

MAANDAG 14 November

OGGEND

09:00 Nuus

frederick-j-bothabio-197x300rosewater-raspberry-sponge-cake09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe verhaal deur Frederick J. Botha DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog…” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Frieda van den Heever

carla-1-jpg-opt356x541o00s356x54109:35 Opera-sangklas met Carla Pohl

09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop

10:00 Nuus

mariustitus10:10 Kunste-Profiel: Marius Titus – die digter, ter viering van sy 70ste verjaardag
Die Stellenbosse digter en dramaturg Marius Titus is veral bekend om sy tydlose gedig, “Skryfwerk”.
Lees meer.

Paul Riekert

Paul Riekert

10:40 Die onsigbares: Wandelende weduwees – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
Lees meer.

10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl

11:00 Nuus

111:10 Kunstenaar van die dag: Marieke Prinsloo (sement). Sy staan ook bekend as Marieke Prinsloo-Rowe.

Kyk hier hoe lyk Marieke se werke.

rsg-kunstefees-2016-0320140808-_mg_5855untitledmiddledrift_450-222110018_std11:30 Ditto en do: Jan Spies-drama DEBUUT
Boereverneukery deur die Jood in sy winkel waar kontant gerek moet word om al die nodige aan te skaf. Maar geen vrou wat haar sout werd is, sal sulke skelmstreke toelaat nie. Of sien die Jood dit dalk net uit ‘n ander oogpunt?
Lees meer.
Luister na ons promo:

12:00 Nuus

AAND

dingusse_twitter-0119:00 Die Dingusse deur Kobus Ras, regie Renske Jacobs DEBUUT
Met Johny Klein en Renske Jacobs
Die Dingusse is ‘n hele gesin rare, snaakse “goeters” wat saamwoon en besonder geheg is aan mekaar. Al probleem is dat nie een hierdie vreemde goetertjies ooit die ander sal kan verlaat nie… Kom beleef ‘n rits avonture saam met die Dingusse!
Lees en kyk meer.
Luister na die promo:

image-lize_beekman19:15 Boegoe vannie liefde (WOORDKUNS / MUSIEK) DEBUUT
Die sangeres-liedjieskrywer Lize Beekman sing aangrypende toonsettings van Hans du Plessis se transponerings van Hooglied.

Lees en kyk meer.

Luister na die promo:

rsg-kunstefees-2016-0420:15 Twaalfde Nag deur William Shakespeare (KLASSIEKE DRAMA) DEBUUT
Uys Krige se vertaling van William Shakespeare se komedie, Twaalfde nag, is ‘n viering van dié tydlose dramaturg se heengaan 400 jaar gelede.

21:30 Nuus en temperature

maxresdefault21:40 Dawid en Jonatan – mini-drama deur Jan Spies (KOMEDIE) DEBUUT
Kan ‘n leeu en ‘n vark ooit boesemvriende word, soos Dawid en Jonathan van ouds? Of bly ‘n leeu maar ‘n wilde dier?
Lees meer.
Luister na die promo:

Dinsdag 15 November

OGGEND

09:00 Nuus

zain_eckleton_nikki-rixonhomemade-cake-mix-409:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal deur Zain Eckleton DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog…” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Marlo Minnaar

1903086-l09:30 Voorlesing deur Lerina Erasmus uit haar nuwe roman, Die Lelie-moordenaar  DEBUUT

09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop

10:00 Nuus

lerina-erasmus-en-johann-van-lill-gesels-met-haar10:10 Kunste-Profiel: Lerina Erasmus – aktrise en skrywer

10:30 Voorlesing deur Lerina Erasmus uit haar nuwe roman, Die Lelie-moordenaar  DEBUUT

10:40 Die onsigbares: westdene-busrampBushalte – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
Lees meer.

10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl

11:00 Nuus

charlesbadenhorstseun_in_stoel11:10 Kunstenaar van die dag: Charles Badenhorst (animasie)
Kyk hier na een van sy animasies.

mariustitus11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT

AAND

dingusse_twitter-0119:00 Die Dingusse deur Kobus Ras, regie Renske Jacobs DEBUUT
Lees en kyk meer.
Hier is ‘n voorsmakie:

19:15 Sappho-inleiding: onderhoud met Riana Scheepers DEBUUT

sappho19:25 Die liefde, bittersoet: Die lewe van Sappho in woord en lied – vertaal deur Riana Scheepers met Marlise Scheepers & Mariëtte Galjaard (WOORDKUNS / MUSIEK / KABARET) DEBUUT
Vertaal en verwerk deur Riana Scheepers met Marlise Scheepers, Mariëtte Galjaard en Jude Harpstar (harp).
Lees, kyk en luister meer.
Luister hier na die promo:

audreyblig20:00 ‘n Oulap se rooi: Audrey Blignault-solostuk met Woutrine Theron (DRAMA) DEBUUT
Met Woutrine Theron
Saamgestel uit die werk van Audrey Blignault deur Woutrine Theron.
Lees en kyk meer.

Luister na die promo:

21:10 Nuus en weer

treeinfourseasons21:20 Vier seisoene deur Antonio Vivaldi uitgevoer deur Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar). (MUSIEK/WOORDKUNS) DEBUUT
Die driestuks musikante het die Vivaldi-werk op ‘n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ‘n orkes.
Lees meer.

Luister na ons promo:

Woensdag 16 November

OGGEND

09:00 Nuus

20177622439_ac4995711f_b0317223ca6134e971bcf8e6e6a4f95f809:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal deur Bettina Wyngaard DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog…” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Ivan Abrahams

169-namaqualand-1rsg-kunstefees-2016-0309:30 ‘n Poort deur die koue (KOMEDIE) DEBUUT
Soms het die dienaar van die gereg hulp nodig wanneer hy te perd in die ysige koue haastig van Keimoes na Kenhardt moet reis om ‘n moordsaak te gaan ondersoek. ‘n Dominee ook, wanneer hy die vermoorde se begrafnis moet waarneem. Veral in Namakwaland waar dinge soms anders verloop as in die res van die land...
Lees meer.
Luister na ons promo:

09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop

10:00 Nuus

10:10 Chriskras met Paul Eilers

conrad-theys-1010:20 Kunste-Profiel: Conrad Theys – skilder, vanjaar 75
Lees en kyk meer.

10:40 Die onsigbares: Mot en roet – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
Lees meer.

10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl

11:00 Nuus

collen_maswanganyi_2013_1111:10 Kunstenaar van die dag: Collen Maswanganyi (hout/beeldhouwerke)
Lees en kyk meer.

mariustitus11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT

AAND

dingusse_twitter-0119:00 Die Dingusse deur Kobus Ras, Regie Renske Jacobs DEBUUT
Lees en kyk meer.
Hier is ‘n voorsmakie:

Karien Polley19:15 Sarah deur Karien Polley (DRAMA / DOKUMENTêR / POëSIE) DEBUUT
Opdragwerk vir RSG Kunstefees 2016.
Met June van Merch & Marcel van Heerden
In die vroeë negentiende eeu is Sarah Baartman van die Gamtoos in die Oos-Kaap in Europa as ‘n frats geparadeer. Nou, vir die eerste keer en presies 200 jaar sedert haar dood, word die grense van radiodrama, versprogram en dokumentêr oorgesteek om die ware verhaal van Sarah te vertel. Verse van wyle Jaco Botha, Antjie Krog asook Diana Ferrus kan gehoor word.
Regie: Johan Rademan
Lees en kyk meer.

Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag:

dsc_953220:30 ‘n Grammy vir Afrika – Wouter Kellerman & lede van die Soweto Gospel Choir (MUSIEK) DEBUUT
Suid-Afrika se twee Grammy-wenners deel die verhoog vir ‘n konsert waarin Afrika- en Afrikaanse klanke met melodieë van regoor die wêreld vermeng word.
Lees, kyk en luister meer.

Hier is ‘n voorsmakie:

21:45 Nuus en weer

rsg-kunstefees-2016-03169-namaqualand-121:55 ‘n Poort deur die koue (KOMEDIE) DEBUUT
Soms het die dienaar van die gereg hulp nodig wanneer hy te perd in die ysige koue haastig van Keimoes na Kenhardt moet reis om ‘n moordsaak te gaan ondersoek. ‘n Dominee ook, wanneer hy die vermoorde se begrafnis moet waarneem. Veral in Namakwaland waar dinge soms anders verloop as in die res van die land…
Lees meer.

Luister wat op jou wag:

Donderdag 17 November

OGGEND

09:00 Nuus

theunis-engelbrecht-14119943400000362_chocolate-layer-cake09:15 Nee wat, die koek is droog – ‘n nuwe kortkortverhaal deur Theunis Engelbrecht DEBUUT
‘n Groep kortverhaalskrywers het in opdrag van RSG Kunstefees 2016 ‘n storie geskryf rondom die opdrag – “Nee wat, die koek is droog…” Die uiteenlopende verhale is kostelik, speels, humoristies en oorspronklik.
Voorleser: Marlo Minnaar.

csm_riaan-van-rensburg_c5206cef4309:30 Ritmeklas – Riaan van Rensburg

09:50 Hartebreker deur Leon van Nierop

10:00 Nuus

10:10 Oom Goltros vertel met Elias P. Nel

10:20 Kunste-Profiel: Jana Cilliers

lon16110910:40 Die onsigbares: Vloer 44 – ‘n Klankstorie met Nic de Jager, geskryf deur Krisjan Fourie, musiek deur Paul Riekert DEBUUT
Verken die wêreld van ‘n aantal raaiselagtige gebeure in Suid-Afrika se geskiedenis. Die Westdene-busramp, Helderberg-lugramp, die mynramp by Coalbrook en die doodspronge vanuit die Ponte-gebou in Johannesburg word verbeeldingryk oorvertel, terwyl ‘n paar onsigbare waarhede aan die lig kom.
Lees meer.

10:50 Boekvoorlesing: Amraal deur Marinda van Zyl

11:00 Nuus

5911:10 Kunstenaar vir die dag: Willie Bester.
Lees en kyk meer.

mariustitus11:35 Marius Titus-versprogram. Met Dean Balie & Zenobia Kloppers DEBUUT

AAND

dingusse_twitter-0119:00 Die Dingusse deur Kobus Ras, Regie Renske Jacobs DEBUUT
Lees en kyk meer.
Hier is ‘n voorsmakie:

social-media-0519:15 Lief-lief deur Afrikaans (WOORDKUNS/DRAMA)
Met Johann Nel & Joanie Combrink
Saamgestel deur Juanita Swanepoel
In Lief-lief deur Afrikaans neem Nel en Combrink die luisteraar op ‘n soomlose liefdesreis: van die heel oudste – en stoutste! – liefdesverse in Afrikaans deur die hele spektrum van die liefde tot reg in die sitkamer van die spreekwoordelike Huis Herfsblaar.
Lees en kyk meer.
Só stel ons dit bekend met die promo:

social-media-and-banner-0620:15 Pous Johanna II deur Esther Vilar, vertaal deur Saartjie Botha, met Jana Cilliers (DRAMA)
Dit is die jaar 2033 en ‘n Amerikaner – die dogter van ‘n prostituut wat in ‘n krotbuurt in Los Angeles gewoon het – word as pous verkies.  Die aktrise Jana Cilliers lewer ‘n kragtoer in hierdie omstrede solostuk oor geloof en godsdiens in die moderne wêreld.
Regie: Eben Cruywagen
Lees en kyk meer.
Luister hier na die promo:

21:30 Nuus en weer

rsg-kunstefees-2016-0320140808-_mg_5855untitledmiddledrift_450-222110018_std21:40 Dito en do (KOMEDIE) DEBUUT