RSG Kunstefees: Drama produksies

RSG Kunstefees: Drama produksies


‘n Magdom nuwe produksies, debuutwerke en klankeksperimente gaan jou van 13 – 18 November op RSG bekoor. Die RSG Kunstefees 2016 spog vanjaar met 18 debuutwerke, waaronder dramas oor geskiedkundige figure soos Sarah Baartman en Beyers Naudé. Dit is die vierde radiokunstefees op RSG.

Hier is die indeks van die dramaproduksies

(Klik net op die skakel om jou na ‘n bladsy met meer inligting, foto’s en selfs video’s waar moontlik te neem.)

# Engel met ‘n hamer deur Joey van Niekerk (DEBUUT) (Liefde)
13 November 18.00
Moontlik gemaak deur Cordis Trust
Debuut van ‘n radiodrama oor die lewe van Beyers Naudé, wat in 1993 vir die Nobelprys vir vrede benoem is.


# Twaalfde Nag deur William Shakespeare
(DEBUUT)
14 November, 20.15
Uys Krige se vertaling van William Shakespeare se komedie.


# ‘n Oulap se rooi (DEBUUT)‘n Drama oor die lewe van Audrey Blignault. Met Woutrine Theron.
15 November 20.15


# Sarah deur Karien Polley (DEBUUT) (Liefde)

16 November 20.15
Opdragwerk vir die RSG Kunstefees oor die lewe van Sarah Baartman.


# Pous Johanna II met Jana Cilliers

17 November 20.15
Die aktrise Jana Cilliers lewer ‘n kragtoer in hierdie omstrede solostuk oor geloof en godsdiens in die moderne wêreld.