3e Kort komiese radiodramas deur Jan Spies

3e Kort komiese radiodramas deur Jan Spies


Kortverhale/stories: 3 Jan Spies stories
jan-spiesDie bobaas-storieverteller Jan Spies sou vanjaar sy 80ste verjaardag gevier het. Hy is twee dekades gelede oorlede, maar sy aardse humor en kosbare stories bekoor steeds ‘n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama op radio gehoor kan word.

20140808-_mg_5855untitledmiddledrift_450-222110018_std1. Ditto en do – radiodrama-verwerking van Jan Spies-kortverhaal DEBUUT
Uitsaaidatum: Maandag 14 November, 11.30.
Boereverneukery deur die Jood in sy winkel waar kontant gerek moet word om al die nodige aan te skaf. Maar geen vrou wat haar sout werd is, sal sulke skelmstreke toelaat nie. Of sien die Jood dit dalk net uit ‘n ander oogpunt?
Met Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber & Lochner de Kock

Regie: Mari Snyman

Luister na ons promo:

maxresdefault2.Dawid en Jonathan – radiodrama-verwerking van Jan Spies-kortverhaal DEBUUT
Uitsaaidatum Maandag 14 November, 21.40
Met Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Lochner de Kock, Johny Klein en Christo Compion.
Kan ‘n leeu en ‘n vark ooit boesemvriende word, soos Dawid en Jonathan van ouds? Of bly ‘n leeu maar ‘n wilde dier?

Regie: Mari Snyman
Luister na die promo:

169-namaqualand-13. ‘n Poort deur die koue – radiodrama-verwerking van Jan Spies-kortverhaal DEBUUT

Uitsaaidatum Woensdag 16 November, 9.30 & 21.55
Soms het die dienaar van die gereg hulp nodig wanneer hy te perd in die ysige koue haastig van Keimoes na Kenhardt moet reis om ‘n moordsaak te gaan ondersoek. ‘n Dominee ook, wanneer hy die vermoorde se begrafnis moet waarneem. Veral in Namakwaland waar dinge soms anders verloop as in die res van die land…

Regie: Mari Snyman

Luister na ons promo: