Wolf-wolf hoe laat is dit? propvol teater-legendes


Wolf-wolf hoe laat is dit? deur Hennie Aucamp [DEBUUT]

16 November 20:00

Só stel RSG die drama aan luisteraars bekend:

Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op ‘n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het dié stuk vir die radio verwerk en ‘n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir ‘n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd.

Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: Albie van Schalkwyk.

Kitty Albertyn sal onthou word vir haar rol as Hybie in die radioverhaal Die Du Plooys van Soetmelksvlei en is op 92 jaar die oudste deelnemer aan RSG Kunstefees 2015.

Luyt het die geskiedkundige opname van Wolf-wolf hoe laat is dit? as “Die dag van die legendes” beskryf.

Regie: Margot Luyt

Die opname van die legendes: Van links na regs is: June Seymour, Marga van Rooy, Lida Botha, Wilna Snyman, Neels Coetzee, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter

Die opname van die legendes: Van links na regs is: June Seymour, Marga van Rooy, Lida Botha, Wilna Snyman, Neels Coetzee, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter

Luister na ‘n klankresensie deur Herman van der Westhuizen: