Chriskras


Chriskras deur Chris Barnard
Met Paul Eilers (voordragkunstenaar), Steffie le Roux (sang en klavier), Werner Ferreira (klavier en trekklavier) & Pieter Ganswyk Nel (kitaar)

Die kanarie is in sy koutjie, maar sy stem nie, skryf Chris Barnard in sy destydse, gewilde rubriek in Die Huisgenoot. Al is die skrywer vasgevang in die sleur en roetine van elke dag, is sy stem beslis vry. Paul Eilers lees van dié tydlose kortverhale voor, terwyl Steffie le Roux en haar orkes Barnard se woorde musikaal laat sprankel. ‘n Viering van die lewe!

Regstreeks uit die M1-ouditorium, Auckland Park

Die konsert is Woensdagaand 18 November. Toegang is gratis, maar jy moet vóór Woensdag 11 November om 12:00 bespreek by muriel@rsg.co.za