Woord en musiek: Vivaldi se 4 seisoene

Woord en musiek: Vivaldi se 4 seisoene


Woord en musiek: Vier seisoene deur Antonio Vivaldi DEBUUT
Uitsaaidatum: Dinsdag 15 November 21.20

Luister na die promo:

rsg-kunstefees-vier-seisoene-025Uitgevoer deur Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavier) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag).

Vivaldi het sy Vier seisoene in 1723 vir ‘n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Nou het hierdie driestuks musikante die Vivaldi-werk op ‘n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ‘n orkes.

Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam. Kom reis deur die jaargetye met woord en musiek.

Musikale leiding: Marek Pinski

rsg-kunstefees-vier-seisoene-031rsg-kunstefees-vier-seisoene-037

rsg-kunstefees-vier-seisoene-041  rsg-kunstefees-vier-seisoene-058

rsg-kunstefees-vier-seisoene-068