My DDN-storie: My week#11 verloop met min oefening en baie koeke en terte


Gesondheid op RSG se Marí Hudson deel haar ervarings van die Doen Dit Net (DDN) aksieplan.

My elfde week is driekwart en was vol verleidings en versoekings. Ek was ‘n deel van die week op Kirkwood in die Sondagsriviervallei (foto links)  in die Oos-Kaap, want my pa 93 jaar oud geword en dit was omtrent ‘n geselligheid met vriende, familie, tee, koek, tert en allerhande lekkernye. Dít het natuurlik niks goeds vir my eetplan beteken nie.

Só het my week#11 tot dusver verloop:
Kopplan:
Ek moet sê,

Oefenplan:
Saterdag:
Geen oefening, buiten tee bedien op my pa se verjaarsdag
Sondag: Rus
Maandag: Rus
Dinsdag: Ek is in transit.Van Kirkwood, tot die lughawe in PE, tot Kaapstad lughawe tot in die Paarl.
Woensdag: Frederika werk my sake in die gym.
Donderdag: Vanoggend het ek 6 vm in die pad geval stad toe, en het ek Praat Saam aangebied.My gas was dr. Eileen Thomas en ons het oor dagga as medikasie gepraat. Ek voel verkouerig, en omdat dit winderig is, het ek dit nie in die wind gewaag nie.
Vrydag: Vandag is ek weer grieperig. Dis óf die vliegtuie wat vol virusse en kieme is, of elke streek het sy eie kieme, en as ‘n inkommer die eerste keer daaraan blootgestel word, is jy nie bestand teen die onbekende kieme nie. Want dis elke keer as ek uit die Kaap was, dat ek siek word. My A Vogel Echinaeforce is langs my bed.

Eetplan:
Die versoekings was te groot ek die tjokoladekoek wat Trinette gebak het, die pepperment tert van my ma en die melkterte en soutterte te verleidelik.

Ná byna 10 weke (waarvan 2 weke oefeningloos weens griep) en 37 oefensessies:

  • het ek dié week te veel uit die rooi mandjie geëet en te min oefening gedoen
  • maar opgee is min

Ek is darem 6,2 kg ligter en my middellyfmate is 7 cm minder. Ek is maar te bly die skade is nie erger na die koek-etery nie. Dit sal seker volgende week my skaal tref – dit neem mos altyd so week voordat mens die gevolge sien, positief of negatief.

Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat weet hoe jy vorder en wat jou laat vasdraai.