My DDN Week#6: Ek moet van voor-af begin oefen


RSG Gesond se Marí Hudson deel haar ervarings van die Doen Dit Net (DDN) aksieplan.

In my sesde week is ek passief. Ek het in die vyfde week van my aksieplan griep opgedoen en dit het behoorlik in my bors ingeklim, en ek het niks geoefen nie. Nie gestap nie, nie gym toe nie. Niks.

Ek hoop om Maandag weer stadig te begin en ek besef ek sal waarskynlik die drade moet optel by Week#2 of #3. En dis ook nou nie die ergste nie. Ek begin darem dié keer 4.5 kg ligter as aan die begin van Augustus. Ek hoop om volgende keer te kan vertel hoe ek dan weer aan die stap en oefen is.

Ek het mos verlede week vir Susan Vosloo, hartchirurg, gehelp met haar voorbereidings die spoggerige Sakeleier van die Jaar funksie in Kaapstad. Susan, as Ambassadeur van die Kaapstad Sakekamer vir 2017, haar praatjie oor 50 jaar van hartoorplantings en vroue in chirurgie afgesluit met die woorde van die liedjie van Paul Simon Boy in a Bubble. Die woorde, met strofes wat begin met woorde soos ‘These are the days of miracle and wonder’‘ is:

“Medicine is magical and magical is art
Thinking of the Boy in the Bubble
And the baby with the baboon heart..”

Luister:

Só het my week#5 verloop:
Kopplan:
ek is nie meer moedeloos nie, net gretig om gesond te wees en weer te kan oefen,

Oefenplan:
Ek het nou byna 10 dae laas enige oefening gedoen, maar sien uit om weer te kan begin sodra my longe gesond genoeg is.

Eetplan:
Ek sorg dat ek twee of meer vars vrugte per dag eet. Koejawel, sagte sitrus, piesang, pere en kiwivrugte! Ek probeer meer blaarslaai, murgpampoentjies, boontjies en ertjies te eet, en vars aspersies. Ek drink versoeter in my tee, eet soveel kere ek kan, vis, salm-sushi en hoender roerbraai.

Ná byna 6 weke en steeds 22 oefensessies:

  • is ek gretig om weer te begin oefen
  • probeer ek om elke dag die vier basiese strekke by die huis te doen
  • is dit ondanks my terugslag vir my makliker om gesonder te eet.

Ek is 4.5 kg ligter en my middellyfmate is 3 cm minder.

Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat weet hoe jy vorder en wat jou laat vasdraai. Ek het nou jou aanmoediging nodig.