Groente uitruilporsies


Porsiegroottes en -uitruillys

Die maklikste manier om te onthou hoe groot ‘n porsie is, is om jou hand te gebruik. Die meeste porsies is so groot soos óf jou gebalde vuis, jou handpalm, jou duim of die voorste lit van jou pinkie. Op dié manier werk dit dan ook só dat groter mense se porsies groter is as kleingeboude mense.

Hier is ‘n eenvoudige lys van uitruilbare porsies in al die groepe. Dit is saamgestel deur NICUS (die Voedings-inligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)

Voedselgroep Porsiegroottes
Brood en graanprodukte

Brood en graanprodukte

(dink handpalm of gebalde vuis)

 

1 sny volkoring brood of ½ broodrolletjie
½ k of 1blokkie hoë vesel ontbytgraan,hawermout of mieliepap
½ k peulgroente bv. bone, ertjies, lensies
3 volgraan kraakbeskuitjies
1 medium aartappel
1 klein patat
1/3 k rys, pasta
1 klein mielie
1 k beet, pampoen, wortels
Groente

(dink sommer handevol)

Die volgende groep groentes is vry en kan ingeneem word in onbeperkte hoeveelhede :
broccoli sampioene
blomkool kool
murgpampoen eiervrug
groenbone tamatie
brusselse spruite blaarslaai
komkommer soetrisssies
skorsie spinasie
uie seldery

 

1. Pak groen groente in jou groen mandjie
Maak seker dat jy elke dag minstens een porsie groen groente eet. Groen groente is die natuur se multivitamien en is ryk aan anti-oksidante en voedingstowwe soos vitamien A, C, K en kalsium, kalium, magnesium en yster, om net enkeles te noem. Dit is ook ryk aan vesel.

1 Porsie groen groente = jou gebalde vuis, tennisbal- grootte, koppie vol.

Dis aanbeveel vir alle mense, maar daar is ‘n waarskuwing vir mense wat die antistolmiddel Warfarin gebruik.

As jy die antistolmiddel Warfarin gebruik, moet jy met jou dokter gesels oor blaargroentes. Dit kan ‘n effek op jou bloedstolling hê. Dit is moontlik om blaargroentes in jou eetplan te inkorporeer; maar dan moet jy beslis elke dag ‘n porsie groen groente eet, en jou bloedstolling moet gereeld gemeet word, want dan is dit moontlik dat jou daaglikse Warfarin dosis verlaag kan word. Maar dit moet in oorleg met jou dokter gedoen word. Daar is ook nuwe soort antistolmiddels beskikbaar waarop kos geen effek het nie. Dit is middels soos Pradaxa en Xarelto, wat duurder is, maar minder moeite om te reguleer. Onthou as Warfarin se vlakke nie uiters goed gekontrolleer word nie, is die beskerming wat dit bied, nie effektief nie. Inteendeel, elke uur wat Warfarin se vlakke nie gekontrolleerd is nie, is jou risiko vir bloedstolselvorming verhoog of jou risiko vir bloeding verhoog. Laat dus liefs in elk geval jou bloedstolbaarheid elke maand toets.

Groen groentes sluit in:

Artisjokke

Aspersies

Boerekool (kale)

Brokkoli

Blaarslaai

Rocket blaarslaai

Andyvie blaarslaai

Bronkors (watercress)

Collard blaarslaai

Mostert blaarslaai

Bok Choy (Chinese kool)

Ertjies

Groen boontjies

Groenpeper (of rooi of geel)

Komkommer

Kool

Koolrape (Kohl rabi, Duitse raap)

Okra (gumbo)

Preie

Rapini (Brokkoli raap)

Seldery

Spinasie

Spinasiebeet (Swiss chard)

Sprietuie

Vinkel

Murgpampoentjie (Zucchini/courgette)

Ons fokus ook op kleure en die groen mandjie. Pak rooi en pers en koolgroentes in die groen mandjie en eet die volgende groentes minstens een porsie per dag, of minstens 5 porsies per week:

  • tamaties, vars of geblik, gebraai of selfs tamatiesous
  • eiervrug (aubergine) en enige ander pers groente (beet is baie gesond, maar onthou dit tel deels as ‘n koolhidraat/stysel)
  • blomkool en enige ander koolgroente wat jy nog nie onder groen groente in jou groen mandjie gepak het nie.

Hier is ‘n resep vir ‘n slaai of aandete met wilde rys, murgpampoentjies en seldery: Wilde woeste slaai

Wenk: As jy honger voel, skil ‘n appel of naartjie of ander vrug, sny dit skyfies, en eet dit. As jy nie lus is vir ‘n vrug nie, is jy nie honger nie, net lus. En ons gaan nie meer luister na ons ‘lus’-seine nie.

Belangrik: Klik hier vir RSG programme met nuttige inligting oor oorgewig, dieet, Banting, insulien, vegan-vrae, dieet vir kinders en nog meer.