Vul ons Bestekopname van Sukses en Struikelblokke (BOSS) in


Hoe vorder jy? Het jy al gewig verloor? Voel jy al bietjie fikser? As jy nie oefening doen nie, is dit omdat jy nie tyd vind nie? Eet jy steeds verkeerd omdat jy nie vir jouself ‘apart’ kos kan maak van jou gesin nie? Of is die soetgoed te verleidelik.

Watter beskywing pas die beste by jou?

  • Bollende seile: Jy is op koers as jy 3 – 5 keer per week geoefen het, al 2 – 4 kg gewig verloor en jy goed voel: dan moet jy jouself onmiddellik bederf met ‘n groot bos blomme, ‘n spa-behandeling, of iets nuuts om jou oefening nog beter te maak.
  • Ekstra briesie: As jy 1 – 2 per week geoefen het, 1 – 2 kg gewig verloor het, is dit ‘n goeie begin, maar wat van effe harder werk die volgende vier weke?
  • Kry die boot in die water: As jy glad nie oefen nie, en niks gewig verloor het nie, is dit die tyd om vas stel wat jou verhinder om gereeld te oefen (dalk moet jy tyd máák, vriende saamnooi, en ophou dink en net doen). As jy weet wat in jou pad staan, kan jy dit oorkom? Kan ons help?

As jy weet hoe jy in jou eerste ses weke gevaar het, kan mens haalbare doelwitte uitwerk vir die volgende ses weke.

As jy nog nie die bestekopname-vraelys voltooi het, klik hier.