Loop jy reg en regop?


Die meeste mense loop nie so regop as wat hulle dink nie. Met lang ure voor ‘n rekenaar, min oefening en maag- en rugspiere wat nie sterk genoeg is nie, en quads wat te sterk is en hamstrings en boudspiere wat swak is, gebeur die volgende:

  • die nek strek al verder vorentoe soos ‘n kameelperd
  • die skouers vou toe pleks van oop soos ‘n hen wat haar vlerke oor haar kuikens wil vou
  • die borskas kantel afwaarts pleks van om regop en oop te wees
  • die rug is hol
  • die boude is uitgestoot
  • die magie pop vorentoe
  • die knieë is effe geknak en nie reguit nie

Jy kan dalk een of al die eienskappe hê sonder om dit te besef. Maar dis glad nie moeilik of ingewikkeld om dit reg te stel nie. En as jy minder styf wil wees en meer soepel, moet jy begin met die regte postuur.

Dus: Voordat jy net enige oefeninge of strekke begin, maak seker jou postuur is korrek

Deur Marí Hudson

© Marí Hudson

Hierdie video gaan beslis help: