Geluk aan ons geel DDN-deelnemer van die week: Sophia Malan


Ons geel DDN-deelnemer van die week is Sophia Malan van Hermanus.

Sy skryf:

“Goeie dag,

Ek het toe gister my eerste Parkrun in meer as n jaar gehardloop in Hermanus! (Ek het n jaar gelede aangesluit, maar het net een keer gaan hardloop en nie weer sover gekom nie). Ek moes natuurlik soek in my kas om enige vorm van n geel hemp te kry-my pluimbal span se hemp was die geelste wat ek kon kry! Ek moet bieg dit was ook maar toevallig omdat my vriendin wou gaan hardloop terwyl ons hier op vakansie is, dat ons navraag gedoen het of en waar die Parkrun hier rond is.

Die drafroete was baie mooi, maar ek was baie moeg en moes al my motiveringskunsies uithaal om myself te laat aanhou draf (en by tye stap) deur die moegheid! Maar-soos ek vir my vriendin gesê het toe ons klaar is-nou kan ek die dag verder geniet met die wete dat ek al IETS gedoen het vandag!

Dankie vir DDN!

Groete
Sophia”

Die DDN-span sê: Dankie Sophia en geluk. Jy is ‘n goeie inspirasie vir almal.

Stuur gerus jul foto’s en stories waar julle aan enige Parkrun of ander aktiwiteit deelneem aan gesond@rsg.co.za