Skouergordel- en nekstrekke


Die skouergordel en nek kan ongelooflik styf raak van lang ure voor ‘n rekenaar. Al die spiere wat die kop regop moet hou, raak styf en gespanne. Dit is een van die algemeenste spierprobleme by mense wat in kantore werk en fisioterapeute het daagliks met hierdie probleme te doen.

Die sketse toon hierdie spiere van die nek en skouergordel, wat dus voor in jou keel is en ook agter op jou blad.

Hier is enkele maklike strekke om jou nekspiere te strek en jou skouers weer ‘oper’ te kry. Maak een of meer van die strekke hierdie week deel van jou oefeningsplan: https://www.spine-health.com/conditions/neck-pain/neck-stretches

Deur Marí Hudson

© Marí Hudson