Staptoer lei na oudste moskee in Bo-Kaap


60 000 besoekers maak jaarliks gebruik van die toere in Kaapstad en Johannesburg. Bedrewe gidse, soos Peter van Wyk, lei jou gratis op uitgewerkte keuses soos in die Moederstad: ‘n Historiese Toer, Apartheid-tot-Vryheid Toer en ‘n Bo-Kaap Staptoer.

Die Auwal Masjid “oudste moskee” in die Bo-Kaap word deur Johan Rademan as deel van Cape Town Free Walking Tours besoek. Die moskee is gebou in 1794 op grond wat behoort het aan ‘n vrygestelde slaaf, Coridon van Ceylon. Saartjie van de Kaap, sy dogter, het die grond geerf en dit geskenk aan die Moslemgemeenskap van die Bokaap. Haar man Achmad van Bengal het die eerste imam, Taung Guru, as geestelike leier opgevolg en uit hulle familie het die laaste geslag van imams, Gasan Achmat, in 1980 gesterf. Verskeie imams was daarna die geestelike leier.

Video van die Auwal Masjid moskee uit 1794 in die Bo-Kaap

Taung Guru was die eerste imam in Kaapstad en was 13 jaar lank ‘n gevangene op Robbeneiland. Tydens sy gevangenisskap het hy die Koran uit sy kop neergeskryf en die 17de eeuse Kaapse-geskiedenis word in die 1794-moskee uitgestal. Hoewel dit nou ‘n redelike groot oppervlak beslaan was dit eers ‘n perdestal van so 7 tot 8 meter.

Johan Rademan besoek die Auwal Masjid moskee, die oudste moskee in die Bo-Kaap, as deel van Cape Town Free Walking Tours:

Die gratis toere (Kaapstad en Johannesburg) kan by www.nielsentours.com bespreek word.

Die vrou agter die suksesverhaal van Cape Town Free Walking Tours, wat ook in Johannesburg beskikbaar is, Yolande le Grange. Let gerus op haar kleredrag buite die oudste moskee in Suid-Afrika en die respek wat binne die Auwal Masjid moskee uit 1794 getoon word wanneer sy as ‘n besoeker ingaan.

Achmed, Yolandie le Grange wat die Cape Town (en Johannesburg) Free Walking Tours-konsep na Suid-Afrika gebring het, saam met Johan Rademan in die Auwal Masjid moskee in die Bo-Kaap wat eers ‘n perdestal was en ook in ‘n stadium as ‘n geestelike skool of madrassah gebruik is.

Achmed staan saam met Johan Rademan by die 17de eeuse Ou Kaapse geskiedenis in die Auwal Masjid moskee, die oudste in Suid-Afrika. Tuan Guru, die eerste imam in 1794 het die Koran uit sy kop geskryf toe hy 13 jaar lank as gevangene op Robbeneiland deurgebring het.

Peter van Wyk wat al 16 jaar gids in die stad lei toeriste van oral in die wereld in die Bo-Kaap se kultuur in. Een van die belangsrikste historiese besoekpunt is die oudste moskee wat dateer uit 1794. Hier verduidelik hy aan Johan Rademan wat die procedure is wat gevolg moet word wanneer ‘n mens die moskee binnegaan.