Suiwel uitruilporsies


‘n Mens het die kalsium van sowat drie glase melk per dag nodig.
Dis in die geel mandjie – jy het beslis suiwel nodig, maar volroomprodukte is helfte vet/helte proteïen.

Porsiegroottes en -uitruillys

Die maklikste manier om te onthou hoe groot ‘n porsie is, is om jou hand te gebruik. Die meeste porsies is so groot soos óf jou gebalde vuis, jou handpalm, jou duim of die voorste lit van jou pinkie. Op dié manier werk dit dan ook só dat groter mense se porsies groter is as kleingeboude mense.

Hier is ‘n eenvoudige lys van uitruilbare porsies in al die groepe. Dit is saamgestel deur NICUS (die Voedings-inligtingsentrum van die Universiteit van Stellenbosch)

Voedselgroep Porsiegroottes
Melk en

melkprodukte

(dink dubbelhand bakhand vir vloeistowwe en duim vir vaste stowwe)

1 k afgeroomde/vetvrye melk
1 k karringmelk
100ml lae vet versoete joghurt of 1 k vetvrye kunsmatig versoete joghurt
60ml lae vet of vetvrye maaskaas
30g kaas ( verkieslik lae vet kase bv. mozzarella, ricotta, lae-vet edam )

Ons fokus op suiwelprodukte soos melk, room, jogurt, roomys, kaas, maaskaas en roomkaas.

Suiwelprodukte bevat heelwat proteïene en ook vette. Dit tel dus as ‘n halwe porsie proteïen en ‘n halwe porsie vet. Dit bevat ook heelwat kalsium en ander minerale wat noodsaaklik is vir goeie beengroei en dus as teenvoeter teen osteoporose.

Jy behoort 2 – 3  porsies suiwel per dag in te neem.

1 Porsie suiwel =

  • 1 koppie melk (effe minder as dit volroommelk is)
  • 1 k karringmelk
  • 100 ml jogurt
  • 30 g mozzarella, ricotta en ander ligte kase
  • 60 ml maaskaas

(dink dubbelhand bakhand vir vloeistowwe en duim vir vaste stowwe)