Luister weer na Die dood van Bititi


Adriaan Havenga

Adriaan Havenga het weer verlede jaar die prys ontvang vir Jongskrywer in die radiodramaskryfkompetisie met Die dood van Bititi.

Dit is die verhaal van die matriarg Charlotte Ferreira, haar kinders Doreen en William, en hulle gesinne.  Die familie is op die plaas byeen nadat Charlotte ‘n nuwe leeuwyfie gekoop het.  Wedywering en naywer veroorsaak baie wrywing in die familie – en dit lei uiteindelik tot ‘n verskriklike tragedie.

Spelers sluit in Heidi Mollentze, Rina Nienaber, Anton Schmidt, Anton Dekker, Ilse Klink, Donovan Pietersen en Izel Bezuidenhout.

Die regisseur is Mari Snyman.  Die dood van Bititi word op 14 April uitgesaai.