Luister na die ‘Radio Awards’ wendrama ‘Sou die sterre luister’


Sou die Sterre luister is aangewys as beste radio drama by die jaarlikse radio toekennings.
Skrywer: Lee Doubell
Regisseur: Johan Rademan.
Toekenning ontvang deur RSG se programbestuurder, Kobus Burger.
Baie baie geluk!!

Meer oor die drama

RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word ‘n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word.

Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiopersoneel wat reis in die omgewing vir opnames (omroeper en klankman) en ’n tipiese ou en nuwe Suid-Afrika skep die verhaal. Die drama is ‘n ode aan klank. Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Marissa Claasen, June van Merch, Dean Balie, Johann Nel, Anrich Herbst en Willem Pelser.

Luister hier na ‘n splinternuwe opdragdrama deur die bekroonde dramaturg Lee Doubell om 20:00 uitgesaai, met Johan Rademan as die regisseur.

Die akteurs en regisseur van Sou die sterre luister deur Lee Doubell. Vlnr is Marissa Claasen (Harpo), Johan Rademan (regie), Anrich Herbst (Johan), Dean Balie (Raylin), Anna-Mart van der Merwe (Odele), June van Merch (Maria) en Johann Nel (Arrie).

Dean Balie, Johann Nel en Anrich Herbst in die Sterre produksie van RSG

June van Merch( Maria) en Johann Nel (Arrie) in die ontknoping van Sou die sterre luister deur Lee Doubell

Regisseur Johan Rademan met Marissa Claasen (agter) en June van Merch en Anna-Mart van der Merwe (voor) – vrouespan in Sou die sterre luister deur Lee Doubell

Dean Balie, Cassi Lowers (akoestiese-regisseur), Anrich Herbst en Johan Rademan bring ‘n ode aan klank in die drama-ateljee.

Dean Balie (Raylin), Johan Rademan (regie), Johann Nel (Arrie) en Anrich Herbst (Johan) in aksie in die Seepuntse drama-ateljee van RSG in Kaapstad.