Oom Mohl is veeldoelig


Haidee kuier by Oom Mohl Alexander in Kuilsrivier. Oom Mohl was ‘n kranige bokser op sy dag en het in sy laat 50’s begin uitblink in wedlope. Hy was ook al ‘n gevorderde ouderdom toe hy ‘n diploma in teologie verwerf het. Oom Mohl is nou 75 jaar oud en skryf die mooiste gedigte EN hy begrawe mense wat nie aan ‘n kerk behoort nie. Haidee het by hom gaan kuier.

Oom Mohl Alexander