Nog laaste plekke oop vir Oppiwater fees


Op 15 April lig RSG die anker en vaar die blou see in vir die jaarlikse Oppiwater Kunstefees saam met RSG-omroepers Johan Rademan, Sue Pyler en Ettienne Ludick na die Portugese Eilande.

In Durban-hawe net voor vertrek.

Saam met hulle is daar ‘n klompie akteurs, sangers en woordkunstenaars wat uiteenlopende aanbiedings vir die RSG-luisteraars op die boot gaan aanbied. Die meeste kajuite is reeds bespreek, maar daar is nog so enkeles wat beskikbaar is. So, jy kan nog saamgaan.

Gaan na oppiwater.co.za en bespreek jou kajuit en kaartjies vir die aanbiedinge. Die RSG-ateljee in Auckland Park gaan ook daagliks oorskakel na die feestelikhede op die boot.

Klik hier vir die feesprogram.

In Durban-hawe net voor vertrek.

Een van die programme is Fiennie die Snare

Skelmpie se akteurs.

Coenie de Villiers

Lizz Meiring

In Durban-hawe net voor vertrek: die vertrekpartytjie op die dek.