Ontmoet Doreentjie van Kylemore


Doreen Williams van Kylemore naby Stellenbosch, of sommer net Doreentjie, soos RSG haar ken, is seker een van ons getrouste en lojaalste luisteraars. Sy is ‘n klein vroutjie, maar ‘n merkwaardige een. Sy het al verskeie van RSG se buite-uitsendings bygewoon, jy kan haar altyd deur ‘n ring trek en haar positiwiteit en passie vir diens aan ander mense is alombekend.

Doreen-Williams

Doreentjie in haar Springbokpakkie wat sy self gemaak het, by Marelize Brink tydens RSG se buite-uitsending vanaf Solms Delta.

Luister na ‘n onderhoud met Doreen by die RSG buite-uitsending.

Doreen is ‘n kranige marathon-atleet, wat ook al die Comrades gehardloop het. Sy is ‘n kleremaakster en het haar eie sake-onderneming op Stellenbosch, waar sy klere maak en veral bekend is onder die studente en hulle ouers, want sien, sy sorg dat die student se klere heel bly en reggemaak word as dit stukkend is.

Niemand hoef te twyfel oor Doreen se rugby-lojaliteit as jy die uitrusting sien wat sy onlangs na ‘n RSG-geleentheid gedra het nie…en sy het dit alles self gemaak.

Hier gesels Doreen baie humoristies or haar voorbereidings vir die Comrades. Jy mag dit nie misloop nie.

IMG_0054

Doreentjiie (regs) uitgevat by die RSG buite-uitsending by Knorhoek saam met Martelize Brink (voor) en Johan Rademan (agter).