Die jongste nuus oor die Guptas se spioenasie-eposse


Monitor: Maandag 26 Junie 2017

Die afgelope naweek het daar nuwe inligting na vore gekom uit die omstrede, gelekte Gupta e-posse. ‘n Exel dokument wat die oorsese reisbesonderhede bevat, van onder andere die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, en die EFF-leier, Julius Malema, is glo deur ‘n amptenaar binne die departement van Binnelandse Sake aan die Guptas verskaf. Marlinée Fouché berig dit is nie die enigste hooggeplaastes wie se doen en late op dié manier deur die Gupta’s gemonitor is nie.

Maandag 26 Junie 2017

Ons praat verder oor een van ons hoofstories, en dit is die nuus dat die Gupta-familie glo op vooraanstaande politici gespioeneer het. Dié nuwe inligting veroorsaak ‘n vertrouensbreuk tussen die regerende party en landsburgers. ‘n Oud-parlementslid en nou politieke ontleder, Piet Coetzer, vertel vir Marlinée Fouché dat dit uit hierdie inligting duidelik is dat die Gupta’s nie skroom om onwettig, vir hulle eie sake-gewin, op te tree nie.