‘Ek was ‘n seksslaaf’


Honderde in SA verkoop as seksslawe
Bykans 300 mense, die meeste van hulle vroue, was in die afgelope vyf jaar die slagoffers van mensehandel in Suid-Afrika. Dít blyk uit geskrewe antwoorde, wat verlede week deur drie verskillende departemente in die Parlement bekend gemaak is. Van die 92 voorvalle van mensehandel sedert 2010, was 39 in die Wes-Kaap, 15 in Gauteng, 12 in KwaZulu-Natal en sewe in die Oos-Kaap.

Elanie Kruger, wat as ‘n sestienjarige skoolkind as ‘n seksslaaf verkoop is, glo hierdie is net die oortjies van die seekoei. Sy speel oop kaarte oor mensehandel in Suid-Afrika.
Luister na die onderhoud.