Het Madiba se dokter vertroulike pasiënt-inligting uitgelap?


Spektrum: Dinsdag 25 Julie 2017

Deel 1: Voormalige president Nelson Mandela se mediese dokter, Vejay Ramlakan (op die foto regs onder is hy saam met Mandela), kan gedagvaar word ná die publikasie van sy boek MANDELA’S LAST YEARS (foto regs).

Die voormalige geneesheergeneraal van die Weermag, ontbloot hierin besonderhede van Madiba se laaste dae. Die eksekuteurs van sy boedel, adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, en Mandela se weduwee, Graca Machel, glo Ramlakan het die vertrouensooreenkoms tussen dokter en pasiënt verbreek. Marlinée Fouché het die besonderhede.

Deel 2: Formele aanklagte gaan teen die skrywer van MANDELA’S LAST YEARS, dr. Vejay Ramlakan, aanhangig gemaak word. Die inligting wat bekend gemaak is, is glo nie deur die regte partye goedgekeur nie.

Was Ramlakan se optrede korrek om hierdie inligting bekend te maak? Marlinée Fouché het met Adele van der Walt, ‘n prokureur by Adele van der Walt Prokureurs, hieroor gepraat. Van der Walt sepsialiseer in mediese reg.

Deel 3: ‘n Mediareg-prokureur van Johannesburg, Willem de Klerk, sê die belangrike kwessie in dié saak, is die reg tot privaatheid. Hy het met Marlinée Fouché gepraat.