Monitor: Wat is radikale sosio-ekonomiese transformasie?


Nuwe ministers moet skouer aan die wiel sit, wat beteken dit vir sosio-ekonomiese transformasie? 3 April 2017

Die verklaring wat President Jacob Zuma uitgereik het oor sy omstrede kabinetskommeling het die verpligting op die nuwe ministers en adjunkministers geplaas om onvermoeid skouer aan die wiel te sit om radikale sosio-ekonomiese transformasie teweeg te bring. Wat sou dit beteken of behels?

Om dié vraag te help beantwoord, het Anita Visser en Heindrich Wyngaard met Mzwanyele Manyi van die Progressive Professionals Forum en ‘n kampvegter vir radikale ekonomiese transformasie, en die politieke kommentator en beleidsanalis Theo Venter van die Noordwes-universiteit se Sakeskool gepraat.

Luister na die gesprek: