SAKP nie lus vir ANC


Monitor: Maandag 17 Julie 2017

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê sy besluit by die party se veertiende kongres om afsonderlik aan verkiesings deel te neem, is nie ‘n wegbreek van die ANC-alliansie nie. Die party het egter die alliansie se bestaande formaat gekrtitiseer, en is bekommerd oor die toekoms. Die SAKP kla daaroor dat hy glo soos ‘n junior-vennoot behandel word, en dat president Jacob Zuma steeds aan bewind is. Anita Visser praat met Barry Gilder en Reneva Fourie, permanente lid van die SAKP se sentrale komitee en hoof van die SAKP se Sekretariaat, en Anthoni van Nieuwkerk, ‘n politieke ontleder van WITS universiteit, hieroor.