Thuli oor Hlaudi se appèlhofuitspraak


Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê dis hoog tyd dat die SAUK sy huis in orde kry. Sy het gisteraand laat in ‘n onderhoud met Monitor gesê gister se appèlhofuitspraak dwing die SAUK nou om tugstappe teen sy bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, in te stel. Madonsela het bevind Motsoeneng, wat in 1995 sonder ‘n matrieksertifikaat aangestel is, het bedrog gepleeg, was oneerlik én het onbehoorlik geldelik baat gevind in die afgelope 24 jaar by die SAUK. Die uitspraak het egter ook wyer implikasies vir die gesag van haar kantoor.

Luister na die onderhoud op Monitor: