Musiek en Liriek 2 vanaf 2 April


Willem Pelser

‘n Groot bohaai word altyd gemaak oor die wêreld se bekendste sangers. Maar nie almal van hulle het noodwendig hul eie liedjies geskryf nie. Waarom hoor ons so min van mense soos Mike Stoller, Holly Night, Billy Steinberg en Desmond Child?

In “Musiek en Liriek 2” gaan hierdie tekortkoming reggestel word!

Hierdie is die lang verwagte opvolg van die baie gewilde “Musiek en Liriek” wat aanvanklik uitgesaai is in Julie, Augustus en September van 2016 en sederdien ‘n hele paar keer weens publieke aanvraag herhaal is.

In daardie reeks het die samesteller en aanbieder, Willem Pelser gaan delf in die lewe en werk van liedjieskrywers soos Goffin en King, Shipley en Nowels, Chinn en Chapman en nog vele meer.

Sluit by ons aan vanaf Sondag 2 April om 10-uur die oggend wanneer Willem gaan fokus op nog ‘n paar grotes in die wêreld van liedjieskrywers.

Twitter: @willempelserrsg

Instragram:willempelserrsg