3 Boeremusiek CDs te wen

3 Boeremusiek CDs te wen


Boeremusiek – 100% local is lekker!

Kyk, al hou jy nie van boeremusiek nie, klop jy tog jou voet saam met die ritme wanneer jy boeremusiek in die agtergrond hoor. Erken nou maar?

Vir jou en vir regte boeremusiekaanhangers is daar nou RSG se nuwe Boeremusiek Sonder Grense CD beskikbaar in die winkels wat CDs verkoop. Daar’s 22 snitte op die CD, waaronder musiek gemaak deur die Kaapse Affodille, Klipwerforkes, Die Sandvelders, Die 3 Serfyntjies en selfs Blackie Swart en Manie Bodenstein. Maar kyk sommer verder self op die snitlys wat daar alles is.

En luister hier na een van die snitte: Die Kaapse Affodille met Pollie Jollie.

Ons gee ook 3 van die CDs weg aan die eerste 3 e-posse wat ek oopmaak op Donderdag 29 September 2016 om 12:00 en die woord Boeremusiek is in die onderwerplyn. Stuur jou e-pos aan magdaleen@rsg.co.za.

rsg-boeremusiek-sonder-grense-tracklist

 

 

Kategorieë