Bekoor 2016: 6 kore op 13 Augustus

Bekoor 2016: 6 kore op 13 Augustus


Stemme soos dié van engele en musiek soos vanuit die hemele: Dít is die kernbestanddele van BeKOOR 2016 en dít is wat voorlê vir diegene wat op 13 Augustus 2016 hierdie skouspel in die Grand Arena, GrandWest, gaan bywoon. Soos in 2014 en 2015, hou vanjaar se aanbieding die belofte in van ’n verrykende, inspirerende en genotvolle ervaring.

Luister hier na die promo oor Bekoor 2016:

Met vanjaar se aanbieding van hierdie gewilde koorfees kry ses talentvolle kore die kans om die kollig te steel met individuele optredes. ’n Sewende koor – die internasionaal bekende en bekroonde Kaapstadse Jeugkoor – sal deel vorm van die massakooroptrede waarmee die aand se verrigtinge afgesluit sal word. Sy dirigent, Leon Starker, sal die massakoor lei.

Die ander deelnemende kore is die bekroonde Stellenbosch Libertaskoor, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteitskoor, Universiteit van Wes-Kaapland se Skeppende Kunstekoor, Tygerberg-kinderkoor, Bloemhof Accelerandokoor en, as gaskoor, die Langeberg Ad Libitum Jeugkoor.

Van hierdie kore word wêreldwyd erken as top Suid-Afrikaanse kore.

Die Stellenbosch Libertaskoor en prof. Johan de Villiers is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met ’n medalje vir hul buitengewone prestasies.

Libertas - Bad Oeynhausen

Die NMMU het in 2009 die Internationaler Choir Wettbewerb in Spittal, Oostenryk, gewen en was verlede jaar een van 19 kore wat genooi is om aan die heel eerste Wêreldkore Ekspo in Macau, Sjina, deel te neem.nmmu-choir-2

Die Weskaap Universiteit se Skeppende Kunste Koor was die algehele provinsiale en nasionale wenner van die Old Mutual Nasionale Koorfees in 2013.Choir Pic

Die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees het onlangs die Tygerberg Kinderkoor met ’n gesogte Kanna-toekenning vereer en die koor ook as die beste Suid-Afrikaanse kinderkoor aangewys.

TKK_K44_FORMEEL2Die Bloemhof Accelerando Koor was deur die jare aan die ontvangkant van talle toekennings en trofees en is ook verlede jaar aangewys as die beste Meisieskoor by die Stellenbosch Eisteddfod en die beste Hoërskoolkoor by die Tygerberg Eisteddfod.Bloemhof Accelerando Keuse 4

Die Langeberg Ad Libitum Jeugkoor is in 2014 gebore uit ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Ad Libitum Akademie van Musiek en die Graham en Rhona Beck Ontwikkelingstrust. Die koor het alreeds in 2015 by die Montagu Kunstefees opgetree.IMG_9642

Koorfeesgangers kan hulle regmaak vir ’n keurige program wat klassieke, tradisionele en eietydse liedere insluit, tesame met oorspronklike en nuwe vertolkings van bekende werke.

Dit word net een keer per jaar aangebied. Dit gaan, soos in die verlede, ’n onvergeetlike ervaring wees. Dit gaan net nóg beter wees.

BEKOOR 2016 sal afgesluit word met ’n massakooroptrede waarvan die bekende en uitnemende Kaapstadse Jeugkoor ook deel sal vorm. Dié koor se dirigent, Leon Starker, sal die massakoor dirigeer.

IMG_1056Een gelukkige paatjie wat kaartjies koop vir BeKOOR 2016 staan ‘n kans om ‘n gratis nag vir twee, ontbyt ingesluit te wen, om die aand van 13 Augustus in die stylvolle GrandWest Hotel in Kaapstad deur te bring.

BEKOOR 2016 word op Saterdag, 13 Augustus 2016, in die Grand Arena by GrandWest in Kaapstad aangebied. Die vertoning begin om 18:00 en kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir meer besonderhede besoek gerus die BEKOOR webwerf – www.achoiredtaste.co.za.