BEKOOR 2015 kore-skouspel in die Kaap op 15 Aug


Aandag alle koormusiek-liefhebbers!

Op Saterdag, 15 Augustus, half sewe die aand is dit tyd vir die “Vrede vir Afrika” BEKOOR 2015 kore-skouspel in die GrandWest Arena, Kaapstad. Die Mega Groep, RSG, Die Burger en Stad Kaapstad bied slegs op EEN aand, onder EEN dak die beste van die bestes!

Hier is die PROGRAM (AFRIKAANS). Bespreek betyds by Computicket.

Kom luister na die bekroonde Nelson Mandela Universiteitskoor uit die Baai met vroue-dirigent, Junita van Dijk, André van der Merwe se wêreldbekende Stellenbosch Universiteitskoor EN die Stellenberg Meisieskoor, die Kaapstad Jeugkoor onder leiding van Leon Starker en Johan de Villiers met die Stellenbosch Libertaskoor, asook ‘n gasoptrede deur die 2015 kampioen-Maleierkoor, Niël Rademan se “Young Cabalerros”. Daar is ook ‘n unieke, eerste massakoor-grand finalé.

Hier is ‘n voorsmakie van wat op jou wag: Dis ‘n opname van Homeless, Chariots en Ukuthula deur die Kaapstad Jeugkoor:

Nelson Mandela Universiteitskoor

Vanjaar is die Baaienaars aan boord. Op laerskool het Junita van Dijk vir ‘n streekskoor gesing en nou word sy die eerste vroulike dirigent  wat tydens A Choired Taste – beKOOR die stokkie sal hanteer. As dirigent van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteitskoor, sal die NMMU een van vyf wêreldklas kore wees wat net vir hierdie een aand, op een verhoog en onder een dak saam met seremoniemeesters, Martelize Brink en Jerome Topley, die kollig gaan steel.

Junita sê die kleurvolle NMMU-koor, wat die beKOOR-gehoor gaan trakteer, trek nuwe gehore en neem musiek na alle kulture. Blywende mylpale was hul deelname aan die vervaardiging van ‘n film oor Nelson Mandela se lewe op Robbeneiland. Dan was daar ook Peter Louis Van Dijk se uitvoering van die Windy City Songs waar hulle saam met die Kaapse Filharmoniese en Oos Kaapse Filharmoniese-orkeste opgetree het. Hierdie gevierde koor het sy 20ste bestaansjaar in 2014 gedenk.

Na afloop van vanjaar se moenie-misloop-nie beKOOR-aand, wag die Internasionale Koorfederasie se Eerste Koor-ekspo in Macau Eiland, waar hulle as gaskoor sal optree.

Junita sien uit na beKOOR: “Samewerking met ander kore is stimulerend en sonder die Stad Kaapstad, RSG, Die Burger, GrandWest en Mega Groep se steun sou dit nie moontlik wees nie”, sê sy.

image7

image5

Stellenbosch Libertaskoor

Onder leiding van Prof. de Villiers, vorm die Libertaskoor, reeds 26 jaar lank ‘n integrale deel van Suid-Afrika se ryk bron van inheemse musiek.

Johan, professor in wiskunde aan Universiteit Stellenbosch en stigter van die Libertaskoor in 1989 sê: “musiek is onlosmaaklik deel van my DNA vandat ek my eerste langspeelplaat, Petrouschka, saamgestel deur Igor Stravinsky, van my pa af ontvang het.”

Groot oomblikke vir die Libertas Koor sluit in toe wyle oud-pres. Nelson Mandela sy eredoktorsgraad in Oktober 1996 van die Universiteit Stellenbosch ontvang het. “Die koor het ‘Bawo Thixo Somandla’ gesing en Madiba het by ons aangesluit en gedans, wat baie spesiaal was.”

Die wyse waarop die Libertaskoor meeste van die tegniese aspekte van musiek bemeester; soos diksie, intonasie en stembalans maak hierdie koor baie spesiaal. Johan sê: ”Die kulturele diversiteit van die koorlede help om harmonie te skep, ook binne die Suid-Afrikaanse konteks en vandaar die koor se leuse: “Vryheid in Harmonie”.

Die Libertaskoor onder leiding van prof. Johan de Villiers

Die Libertaskoor onder leiding van prof. Johan de Villiers

Die Libertas koor sing uit hul harte

Die Libertas koor sing uit hul harte

Stellenbosch Universiteitskoor

Baie lofliedere klink op wanneer daar van die Stellenbosch Universiteitskoor gepraat word – en met rede! Suid-Afrika se mees bekroonde internasionale koor was in 2014 by die 8ste Wêreldkoorspele in Riga, Letland as wêreldkampioene aangewys in al drie kategorieë waaraan hulle deelgeneem het.

Bo en behalwe dat hulle ‘n nuwe wêreldrekord opgestel omdat hulle die hoogste punt nog ooit behaal het in die geskiedenis van die Wêreldkoorspele, het Stellenbsch Universiteitskoor hul eie rekord verbeter en net ‘n paar uur later , toe hulle ‘n onverbeterlike 99% in die ‘Mixed Choirs’-kategorie ontvang het.

“Die toer was ‘n onbeskryflike ervaring waar musiek, passie, vriende en harde werk bymekaar gekom het. Dit was verwonderend om te sien hoe mense van reg oor die wêreld na ‘n optrede vir ons kom sê wat die musiek vir hulle beteken het. Musiekmaak is éérs die moeite werd as jy weet dit het mense aangeraak” het Ineke Kerling, ‘lid van die koor oor die toer gejuig.

André van der Merwe het in 2003 die sewende dirigent van die universiteitskoor van Stellenbosch geword. Sy bekwame leiding het die koor na nog hoër hoogtes geneem en die US koor se verstommende prestasies neem elke jaar toenemend toe, soos hul internasionale deelname getuig.

Die Stellenbosch Universiteiskoor

Die Stellenbosch Universiteiskoor

Kaapstad Jeugkoor

Vanjaar verwelkom beKOOR Stad Kaapstad as ‘n borg. In die gees van die Moederstad se verbintenis is dit lekker om ook vir Leon Starker, dirigent en koorleier van die Kaapstad Jeugkoor, waarvan die Wes-Kaapse Premier Helen Zille beskermvrou is ook op die Verhoog te klan sien. Die jongklomp het ookal die wêreld plat gereis. Die koor tree gereeld op by verskeie geleenthede en is singend besig om hul unieke merk plaaslik en internasionaal te maak. Regoor die wêreld maak hul vars benadering tot tradisionele koormusiek en hul uitvoering van diverse kulture se liedjies, opslae.

Die Kaapstad Jeugkoor is voorwaar een van Suid-Afrika se voorste kore, met twee goue medaljes van die 8ste Wêreldkoorspele, op hulle dirigeer-stokkie.

Uitvoerende Burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille sê: “Hul liedjies vertel die ongekende stories van die lewenservarings van alle mense, ongeag ouderdom of agtergrond.”

“Wat nog meer bekorend is dat die Kaapstad Jeugkoor aan lede van regoor die stad die kans gee wat hulle verdien om hul musiek met die res van die wêreld te deel,” sê sy.

Kaapstad Jeugkoor

Kaapstad Jeugkoor

Stellenberg Meisieskoor

Die Stellenberg Meisieskoor (SMK), met André van der Merwe as koorleier het in drie kategorieë by die 2014 Wêreld Koorspele deelgeneem en drie goue medaljes huis toe gebring ná hul baie suksesvolle deelname aan die Wêreld Koorspele in Riga, Letland in Noord-Europa. Dit is die grootste koorkompetisie in die Wêreld en vind elke tweede jaar plaas met kore van al die vastelande met 27 000 deelnemers in 460 kore van 73 lande.

Hierdie Stellenberg Hoërskool leerders was ware Suid-Afrikaanse ambassadeurs met hul kenmerkende kooruitrustings met die ystervarkpenne in hul hare en Afrika-verf op hul gesigte. Hulle het bewys Suid-Afrikaners het ruim harte nadat hulle fondse ingesamel het om 27 van die 94 koorlede te subsidieer wat nie die volle koste van die toer Riga toe kon bekostig nie.

Die Stellenberg Meisieskoor met André van der Merwe as koorleier en dirigent.

Die Stellenberg Meisieskoor met André van der Merwe as koorleier en dirigent.

Stellenberg Meisieskoor

Stellenberg Meisieskoor

Stellenberg Meisieskoor

Stellenberg Meisieskoor

Young Caballeros

Suid-Afrika se kampioen 2015 Maleier-koor, die “Young Caballeros Choir”, sal op 15 Augustus ‘n spesiale gasoptrede doen by A Choired Taste- beKOOR. Dit vorm deel van Die Burger se eeufeesviering. Waar die voorste Kaapse dagblad reeds 60 jaar lank ‘n borg van die jaarlikse, eg Suid-Afrikaanse Maleier-koor kompetisie en die gesogte Fez-trofee is, is dit vir Mega Groep ‘n voorreg om die “Young Caballeros” deel van die aand se verrigtinge te maak.

199492_1012141503725_1871_n

YM1_3314

Die Young Caballeros toe hulle aan die Kaapse Maleikore-kompetisie deelgeneem het

Die Young Caballeros toe hulle aan die Kaapse Maleikore-kompetisie deelgeneem het

Die triomfantlike Young Caballeros ná afloop van die 2015 Maleikore-kompetisie in Kaapstad

Die triomfantlike Young Caballeros ná afloop van die 2015 Maleikore-kompetisie in Kaapstad

Op hierdie noot…

Verlede jaar was A Choired Taste – beKOOR ‘n enorme sukses, heelwat skaafwerk is gedoen en vanjaar is daar weer net ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Koormusiek liefhebbers, koorlede van regoor die land en dié wat lief is vir die wondergawe van musiek, word herinner om die nuusbrief aan te stuur na al hul koorkennisse, hul gehore en geliefdes om vroegtydig kaartjies te bespreek by Computicket en aan te sluit by van Suid-Afrika se  heel beste kore vir wêreld-klas optredes deur plaaslike talent.

Kom ons sing en vier koormusiek se bydrae tot ons kuns en kultuur by A CHOIRed – Taste / beKOOR 2015 , aangebied deur die Mega Groep – by GrandWest, Kaapstad, die hoofstad van kultuur in Suid- Afrika en middelpunt van Suid-Afrikaanse koorsang op 15 Augustus, 2015 ! Hoor jou daar! Die aanbieders is Martelize Brink van RSG en Jerome Topley.

Martelize Brink van RSG

Martelize Brink van RSG