Die kollig val op ons eie talentvolle klassiekemusiek musici

Die kollig val op ons eie talentvolle klassiekemusiek musici


Die Kuns van … is ‘n nuwe 13-episode musiekreeks nagevors, saamgestel en aangebied deur Tharien Oosthuizen, RSG se musiekopsteller.

In dié opwindende musiekreeks vier ons Suid-Afrikaanse klassiekemusiek kunstenaars.

Kunstenaars wat in hierdie program gehoor kan word, is van Suid-Afrika se voorste violiste soos Gina Beukes, Zanta Hofmeyr, tjellis Carel Henn, groot geeste soos die twee De Groote broers onderskeidelik op klavier en klarinet en pianiste soos Albie van Schalkwyk, Francois du Toit, Ben Schoeman, Wessel van Wyk en Petronel Malan. Ensemble- en orkeswerke van onder andere die destydse Nasionale orkes, die Kaapstad Filharmoniese orkes en nog ander sal ook deel uitmaak van die verering van Suid-Afrikaanse kunstenaars.

In kort: jy gaan in hierdie reeks van 13 programme van die beste orreliste, pianiste, strykers, blasers, sangers en orkeste hoor.

Luister hier na meer inligting oor die program:

Meer oor Tharien
Tharien OosthuizenTharien is self ‘n bedrewe musikant wat viool, klavier en orrel speel. Haar twee dogters is ewe bedrewe musikante. Mart-Leen (13 jaar) speel klarinet, klavier en het pas begin met harplesse. Cara (9 jaar) bly nie agter nie en speel blokfluit, klavier en het ook saam met ouer sus harplesse begin neem. Pa Marius is self ook ‘n musiekliefhebber en doen musiekrestourasie en video-produksies.

 

Vlnr: Mart-Leen, Marius, Cara en Tharien Oosthuizen

Vlnr: Mart-Leen, Marius, Cara en Tharien Oosthuizen

So drie keer ‘n jaar kry Tharien ‘n groep amateur musikante bymekaar, verwerk musiek en dan speel hulle by spesiale geleenthede.

Die Kuns van….begin Sondag 3 Julie op RSG van 10:05 – 11:00.