Grensskuiwers #10: Kore


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS na kore, soos Libera en Only Men Aloud. Vind uit oor die skouspelagtige Video Speletjies Regstreeks konsertreeks en die interessante samewerking tussen Basement Jaxx en die Metrople Orkest.

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

1. LIBERA

Libera is bekend vir hulle lang wit togas wat hulle tydens optrede dra en die skouspelagtige beligting wat gewoonlik aangewend word op die verhoog.

2. DIE ALEXANDROV MILITêRE MUSIEK ENSEMBLE (Ook genoem die Rooi Lëer Koor)

Die amptelike koor van die Russiese lëer, gestig in 1928.

3.SCALA EN KOLACNY BROERS

Scala Grote Markt Aarschot – ‘n Belgiese vroue koor olv. Stijn Kolacny en sy broer Steven Kolacny, verantwoordelik vir die verwerkings en klavierbegeleiding.

4. VIDEO GAMES LIVE (VGL) -Videospeletjies Regstreeks

Die konserte bestaan uit ‘n samestelling uit gedeeltes van bekende videospeletjies – oud en nuut – se klankbane.

5. ONLY MEN ALOUD

Die manne se deurbraak is in 2008 as wenners van die BBC se talent kompetisie Last Choir standing.

6. ALL ANGELS

Hulle debuutalbum ALL ANGELS word benoem vir die Classic Brit Album van die jaar in 2007.

7. BASEMENT JAXX EN DIE METROPOLE ORKEST

Basement Jaxx neem in 2011 n album saam met The Metropole Orkest, die Grammy bekroonde jazz en pop orkes van Nederland op. Die album bestaan uit van Basement Jaxx se musiek vir orkes en stem.

8. PERPETUUM JAZZILE

Acapella groep van Slovakye.