Grensskuiwers #12: Suid-Afrikaanse klassieke crossover musiek


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS na Suid-Afrikaanse instrumentaliste van klassieke crossover musiek. Musiek van onder andere Christa Steyn, Charl du Plessis, kitaarduo, CH2, Wouter Kellerman en die Soweto Strykkwartet.

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

Trevor Nasser

Verkoop nagenoeg 2 miljoen albums.

Christa Steyn

Pionier van klassieke crossover in Suid-Afrika

Charl du Plessis Trio

Wen vanjaar die SAMA vir beste instrumentale/ klasssieke album vir Baroque Swing Vol. 2 . In 2010 word du Plessis aangewys as die jongste Steinway kunstenaar in Afrika.

Ockie Vermeulen

Ockie Vermeulen verwerf sy Doktorsgraad in Uitvoerende kuns – orrel in 2012. Hy reik drie albums uit. Sy album Highland Cathedral spandeer meer as sestig weke op SA Classic FM top 20.

CH2

CH2 is internasionaal bekroon – wenners in die wêreldwye kategorie vir beste Flamenco/ Klassieke kitaar uitvoering in die Lee Ritenour Six String Theory Internasional Guitar Competition.

Video: Tussen treine

Wouter Kellerman

Hy wen ‘n Grammy vir sy 2014 album Winds of Samsara, ‘n samewerking met die Indiese komponis Rickey Key. Sy nuutste album Love Language (2015) is ook benoem vir n Grammy vir beste kontemporêre klassieke album
Wouter Kellerman en Soweto Srykkwartet met Winter:

Die Soweto Strykkwartet

Die Jazz Times skryf dat hulle styl ‘n unieke aanslag tot klassieke crossover verleen.

Sterling EQ

Sterling EQ se musiekstyl word gekenmerk deur die vermenging van popritme en klassieke musiek. Die trio vier vanjaar ‘n dekade in die musiekbedryf.

Video: Caravans:

Rocco de Villiers

Rocco de Villiers wen ‘n Ghoema vir beste instrumentale album Beautiful Beautiful Hymns in 2016.

Video: Music Box dancer: