Grensskuiwers #2: Luister na musiek van Morricone, Jenkins, Vangelis e.a.


Sondagoggend 10:00 kan jy inskakel vir Grensskuiwers, ‘n reeks oor klassieke crossover musiek saamgestel en aangebied deur Este Gross. In die tweede episode fokus ons op komponiste. In dié episode kan jy luister na die musiek van komponiste soos Ennio Morricone, Karl Jenkins, John Williams, Sir Paul McCartney, David Foster en nog baie meer.

Jy kan ook uitvind hoe die klankbaan The Hateful Eight, klink, waarvoor Ennio Morricone, uiteindelik na lank gewag – ‘n Oscar gekry het.

Ennio Morricone

Ennio Morricone

Video: Morricone ontvang ‘n Oscar vir die klankbaan van The Hateful Eight in 2016 (‘n Quintin Tarantino film)

John Williams

John Williams saam met Star Wars karakters. Met 50 Oscarbenoemings, is hy die mees benoemde lewende persoon in die Amerikaanse Rolprent Vereniging.

Vangelis

Vangelis besig om die musiek vir Blade Runner te komponeer.

‘n Skildery deur Vangelis.

Ludovico Einaudi

Ludovico Einaudi het tydens die insameling vir Greenpeace fondse in die Arktiese Oseaan klavier gespeel.

‘n Video van Einaudi se komposisie: Night

Karl Jenkins

Karl Jenkins word in Engeland tot Ridder geslaan in 2015 vir “Sy diens tot komposisie en om musiek genres te oorkruis”.

 

Paul McCartney

Paul McCartney

Paul McCarthy se CD: Working Classical (1999) sinspeel op onderskeid tussen rock en pop (werkersklas en adel). CD versoen twee genres met mekaar.

John Lord

Jon Lord (1941-2012). Hy is die komponis van die ikoniese opname: Concerto vir Groepe en orkes, saam met Heavy metal groep Deep Purple en Koninklike Filharmoniese orkes.

David Foster

David Foster (1949)
Bekend as komponis, vervaardiger en trefferskepper.

Episode 1: Die Baanbrekers