Grensskuiwers #4: Die pianiste en ‘n ortodokse orrelis

Grensskuiwers #4: Die pianiste en ‘n ortodokse orrelis


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS (klassieke musiekreeks oor crossover klassieke musiek) – na musiek van pianiste soos Richard Clayderman, Maksim, Myleene Klass, The Piano Guys en nog vele meer.

Vind uit hoe Richard Clayderman se opname Ballade vir Adeline alle verwagtinge oortref het, wat The Piano Guys gedoen het om ‘n Youtube sensasie te word en hoekom Tori Amos – reeds op 11 jarige ouderdom – die trekpas gekry het van die Peabody Instituut van die John Hopkins Universiteit……..

Richard Clayderman
Clayderman se eerste treffer, Ballade vir Adeline oortref alle verwagtinge. Die treffer versprei soos n veldbrand en verkoop 22 miljoen albums in 38 lande.

‘n Jong Richard Clayderman

‘n Ouer Richard Clayderman

Maksim Mrvica
Die rocker pianis – maatskappye staan tou om hulle produkte aan Maksim se naam te koppel.

Maksim

Myleene Klass
Sommige meen Klass het sommer weer klavierspeel witwarm gemaak….sy het ook nie veel nodig as sy voor die klavier inskuif en die groot meesters aanpak nie..

Myleene Klass

Lang Lang
Die man wat daarin kon slaag om meer as 40 miljoen Chinese kinders gretig voor die klavier te laat inskuif….algemeen bekend as die Lang Lang effek. Ook bekend vir sy dramatiese vertolkings.

Lang Lang

Lang Lang

The Piano Guys
Die Youtube sensasie skiet musiekvideo’s op eksotiese plekke. Hulle jongste album Uncharted (vrygestel in 2016).

The Piano Guys

The Piano Guys

Tori Amos
Haar klassieke album Night of Hunters, ‘n opdragwerk vir Deutche Grammaphone. Sy is as elfjarige uit die Peabody Instituut van die John Hopkins Universiteit geskop – oor haar “musikale onverskilligheid.” (Dit is nou omdat sy van pop en rock musiek hou en nie juis gaande is oor bladlees nie).

Tori Amos

Video van Nautical Twilight, deel van die Liedersiklus Night of Hunters:

Lees ook ‘n artikel oor Night of Hunters (2011) http://www.huffingtonpost.com/deborah-finding/tori-amos-talks-night-of-_b_980426.html

Cameron Carpenter
Die rocker orrelis het sy eiesoortige orrel, bekend as ‘n Internasionale Toer Orrel (OTI). Sy gunsteling orrelklanke van regoor die wêreld is letterlik tot Carpenter se beskikking met die druk van ‘n knoppie.

Cameron Carpenter

Jennifer Thomas
Sy is ‘n bekroonde pianis en komponis. Sy is in 2012 aangewys as die Verenigde Koninkryk se klassieke crossover, vroue kunstenaar van die jaar.
Sy is ook terloops, die komponis van GRENSSKUIWERS se kenwysie Illumination.

Jennifer Thoma

Luister hier: