Grensskuiwers #7: Sangers en sangeresse, deel 1


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS na die eerste deel van die sangers en sangeressse van klassieke crossover, o.a Andrea Bocelli, Sarah Brightman, Russel Watson, Charlotte Church, Sissel, Alessandro Safina en meer.

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend net na die tien uur nuus. o.l.v. Esté Gross

Andrea Bocelli


Andrea Bocelli. Die Italiaanse sanger beskryf homself graag as n “moderne, maar outydse tenoor.”

 

Sarah Brightman

Sarah Brightman. Die sopraan, danseres, aktrise en liedjieskrywer is n pionier van klassieke crossover.Sy is bekend vir haar sterk konsep gedrewe albums en waaghalsige, eksperimentele aanslae.

Hier is haar lied Angel van haar album Dreamchaser:konsepalbum oor die ruimte

Alfie Boe

Hy is veral bekend in musiekteater en sy vertolking van Jean Valjean in LesMiserables en die lied Bring Him Home.

Hier is sy vertolking van Jean Valjean in LesMiserables en die lied Bring Him Home:

Charlotte Church

Charlotte Church. Die Wallies gebore sopraan is seker een van die grootste klassieke kindersterre nog. Sy verkoop meer as tien miljoen albums wereldwyd.

Russel Watson

Russel Watson was n fabriekswerker voor hy internasionale sukses bereik het en word daarom ook die mense se tenoor genoem.

Haley Westenra

Haley Westenra. Haar jongste album is vrygestel in 2013 Hushabye – met die enkelsnit Sleep on om die geboorte van Prins George te vier.

Alessandro Safina

Alessandro Safina. Die Italianer Safina kombineer opera en moderne popmusiek. Sy selfgetitelde album Alessandro Safina verskyn in 2001. Die album bevat ook sy bekendste enkelsnit Luna wat nommer twee op die Nederlandse trefferlys bereik.

Sissel

Sissel Kyrkjebo is onlangs Desember 2016, genomineer vir die heldesaal van Rocheim in Noorweë.