Grensskuiwers #9: Il Divo, Celtic Women, Queen en ander


Luister Sondagoggend tien uur in GRENSSKUIWERS na sangroepe soos IL DIVO, CELTIC WOMEN, die acapella groep Pentatonix en, ja – sélfs die PET SHOP BOYS……

GRENSSKUIWERS: Sondagoggend tien uur o.l.v. Esté Gross

1. IL DIVO

Die kwartet is gestig deur die musiekpromotor Simon Cowell. Drie van Il Divo se lede, het formele klassieke opleiding en een is n popsanger en liedjieskrywer.

2. CELTIC WOMEN

Die ensemble is gestig deur David Kavanagh, Sharon Browne en David Downes, wat al drie musiekregisseurs van die suksesvolle Riverdance vertonings was…….Celtic Women is dan ook al beskryf as die Riverdance vir stem.

3. PENTATONIX

Kwintet, Amerikaanse acapella groep van Arlington Texas. is Pentatonix is tans -een van die grootste Youtube kunstenaars in die wêreld.

4. GREGORIAN: Masters of Chant

Vervaardiger van GregorianFrank Peterson vertel graag dat hy aan die konsep van Gregoriaanse dreunsang en pop en rock gedink het toe hy n klooster in Spanje besoek het.

5. PET SHOP BOYS

Baanbrekers van die pop-kuns of pop-art en avant garde.

6. OPERA BABES

Die Opera sangeresse Rebecca Night en Karen England het blykbaar in 2000 as straatmusikante opgetree voor hulle ontdek is.

7. DIE TIEN TENORE (THE TEN TENORS)

Van Australie, reeds in 1997 gestig.

8. QUEEN

‘n Album wat steeds deur baie as n baken van klassiek en progressiewe rock gesien word, is Queen se 1975 album A Night at the Opera.

Video: Bohemian Rhapsody