Grensskuiwers – nuwe Sondagoggend musiekreeks


Luister Sondagoggend 2 April om 10:00, na ‘n splinternuwe musiekreeks op RSG. Grensskuiwers is ‘n reeks oor klassieke crossover musiek. In die heel eerste episode stel Este Gross jou bekend aan van die baanbrekers van die genre, van Enrico Caruso, Nana Mouskouri, Die Drie tenore en selfs Elvis Presley.

In die crossover Klassieke musiekreeks Grensskuiwers kan jy Sondag uitvind:

  • Hoekom is die sangeres Nana Mouskouri, wat ‘n opera student aan die Konservatorium in Athene was, verbied om haar finale musiekeksamen af te lê?
  • Wat het die tenoor Enrico Caruso gedoen om die eerste internasionaal bekende “popster” te word?

Enrico Caruso, die eerste popster

Luister hoe sing hy Santa Lucia:

Mario Lanza. Met sy stem en filmstervoorkoms herdefinieer hy die beeld van die moderne tenoor.

Hier sing hy The Lord’s Prayer:

Eileen Farrell. Eileen Farrell – een van die heel eerste crossover sangeresse. Sy stel ‘n CD bekend Ï’ve got the right to sing the Blues” in 1960.

Luister hier hoe sing sy die blues:

John McCormack, operatenoor wat groot sukses met Ierse volksliedjies behaal het. Hy neem die eerste keer die WO 1: Lied, Ït’s a long way to Tipperary op.

Luister hier na sy opname van It’s a Long Way to Tipperary

Yehudi Menuhin verken beide klassieke jazz en wêreldmusiek.

Yehudi Menuhin as ouer man

Hier gesels het met en speel hy saam met Ravi Shankar klasssieke Indiese musiek:

Liberace, wat met sy klavier extravangza gehore vermaak het. Hy speel tradisionele klassieke en pop musiek. ‘n Resensent beskryf sy musiek as oortollige geklopte room met bessies op.” Liberace steur hom nie aan die suur kritiek nie en sê “dankie, ek het gehuil, heelpad bank toe….””

Hy speel Chopsticks:

Nana Mouskouri word verbied om haar finale sangeksamen by die Konservatorium in Athene af te lê omdat sy jazz en ander style sing. Haar eerste deurbraak is haar treffer White rose of Athens.

 

James Galway, die man met die goue fluit, het tot op hede oor die dertig miljoen albums verkoop.

Hier speel hy Danny Boy:

Die Drie Tenore: Placido Domingo, Jose Carreras and Luciano Pavarotti. Die eerste suksesvolle trio (bedrywig tussen 1990-2000). Talle ander trio’s volg in hulle voetspore.

Freddy Mercury van Queen en die operasopraan Montserrat Caballe.

Barcelona: Freddy Mercurry en Montserrat Caballé se CD Barcelona word beskou as ‘n teksboekvoorbeeld van die suksesvolle vermenging van rock/pop en klassiek.

Luister na Barcelona:

Elvis Presley die koning van Rock and Roll.

Elvis Presley het ‘n album saam met die Koninklike Filharmoniese orkes opgeneem:

 

In die tweede episode kan jy weer by haar aansluit vir Grensskuiwers: Die Komponiste. 

As jy enige navrae het oor die program is jy welkom om ‘n epos te stuur vir Esté na egrossrsg@gmail.com. Laat hoor ook van jou per sms na die ateljee by 45770.