Luister Maandagaande na Haidee se musiekreeks oor fliekmusiek

Luister Maandagaande na Haidee se musiekreeks oor fliekmusiek


20160916_142217Klankbaan: Die Musiek in Flieks – luister vanaf Maandag 3 Oktober net na die 9-uur nuus in die aand.

Ons almal onthou sekere flieks as ons die musiek daaruit hoor. Byvoorbeeld Flashdance se temalied. Nie almal onthou die fliek The Good, The Bad and The Ugly nie, maar daai temaliedjie wel. Haidee se musiekprogram bederf jou met musiek uit dié gewilde flieks oor die jare heen.

Sy vertel ook so ‘n staaltjie of twee van wat agter die skerms gebeur het en hoekom juis daardie spesifieke liedjies as temaliedjies gebruik is.

Die program skop af met ‘n paar temaliedjies uit 1960 se beste flieks tot nou.

Video: Haidee vertel meer oor haar nuwe program:

Kategorieë