Herlaai: nuwe Maandagaand-musiekreeks met Jacqui January


Luister op Maandagaande, net na die nege-uur Nuus, Temperature en Boekvoorlesing (dus 21:20) na ‘n nuwe musiekreeks deur Jacqui January.

Herlaai is ‘n musiekreeks van 13 programme saamgestel deur Jacqui January. Die mens is so verweef met ritme en melodie dat dit eintlik persoonlik is, met keuses en voorkeure eie aan die individi. In die meer as ‘n eeu van die ontwikkeling van populêre musiekgenres, kom daar so elke dan en wan ‘n liedjie uit die pen van ‘n komponis, liedjie- en liriekskrywer, wat uitstaan, die hart en verbeelding van die wereldbevolking aangryp. In die meeste gevalle kan die kunstenaars nooit weer daai perfekte liedjie herskep nie. Die besondere liedjies bereik dan ikoniese status…en elkeen idealiseer daai liedjie en musikante neem hul eie weergawes daarvan op, of kreatiewes verwerk die liedjies tot hulle eie weergawe.

Ons HERLAAI en delf na verskillende opnames en speel dit aan ons luisteraars voor.